Tuesday, December 22, 2009

Stout was nog nooit so mooi nie!!

Ek sien toe mos eendag dat my Pa vir die swembad water gee (die swembad is seker dors, shame). Toe trek ek die tuinslang uit, en ek begin die water die hele plek vol spuit - orals behalwe in die swembad!!





Ek is vreeslik nuuskurig, en ek ondersoek alles, en daar waar my bene my nie kan help nie, moet my armpies maar help - ek trek myself op teen alles. Ek km nou al met groot gemak op die stoele (en dan op die tafels), en ek kan nie wag om die vensterbanke te begin klim nie. En al daai hout skerms in die tuin, en dan die muur met die buurman, en DAN, die KORAALBOOM!! My Pa sê iets van dat hy "weer van voor af sal moet leer steke insit"...