Monday, March 30, 2009













Ek - die model !!!!!

Ons het onlangs weer vir "studio" fotos gegaan, en hier is enkeles van die honderde fotos wat ons geneem het.




Sunday, March 29, 2009

Ek en my baie emosies ...

Terug by die huis na 'n lekker naweek in die bos..

As ek wakker word is ek soms so bietjie grumpy (meer die uitsondering as die reël), veral as jy my vasdruk.




Maar as ek eers lekker wakker is, is ek die vriendelikheid self.










Hier is ek saam met Oom Sias, Leané (my maatjie), Tannie Daleen en Oom Jacques Hoffman


Oom Garth en tannie Anri
En Oom Andrew en tannie Karin (kyk, sy oë is rooi... en hy het nie eers soveel soos Pappa gedrink nie)





En hier speel ek met my maatjie. Sy wil he ek moet saam met haar hardloop. My kop wil, maar my bene nie.



'n Baie cool wurm ..

Ek het hom sien kom, maar ek het niegeweet hy is so mooi nie - hierdie harige wurm met sy flashy helderkleurige uitsteek onderklere ...









Die diere op die plaas ..

Behalwe vir die honde, is daar ander pragtige dier op die plaas. Kyk net...








Hierdie is 'n spinnekop se huisie.





Bad in die bos

Hi julle !!

Ja - hier vat ek 'n lekker bad in die wasbak - net mooi groot genoeg en gerieflik. Dis by die warm water en die seep, en die spieel. En my Ma hoef nie te buk nie. Sy's soms nie lus om te buk nie.






Daar is niks so lekker soos 'n borrelbad in die bos nie.
Kyk - ek kan aan my groot toon suig as ek moet.

Laas naweek in die bos !!

Ons het laas naweek lekker saam met ander vriende by Oom Jacques Hoffman en Tannie Daleen (ook nou Hoffman) in die bos gaan kuier. Ek het lekker gespeel met hulle honde - lyk meer soos groot muise (kom ons noem hulle maar "muis"honde). Een van hulle het my dummie gesteel.


Hier is die boshuisie waarin ons gebly het. My Pa het net sy kop geskud en iets geprewel van 'n beter kwaliteit lewe in die bos, of so iets. Hy het ook gesê hy mis nie 'n moer die TV, Zuma, Joost, en al daai ander strooi nie.




Wednesday, March 25, 2009

Ek is stadig maar seker besig om in 'n seuntjie te verander ..

Wat is 'n man sonder 'n rooi sweetpaktop en brand name klere. My Pa sê brand name klere lei tot armoede. My Ma se dis bullshit ..

O, praat julle van my?




Pa se groot seun !!!!!!!!!

OK; Bye!
Jan-Hendrik

Ek laaik die goggas op die erf ..

So baie goggas - en elkeen het 'n plek en 'n funksie, so sê my pa.





Ons huisie en sy dinge ...

Ons tuin is groen - alles groei - alles blom ...




Maar ek is die mooiste !!





Monday, March 16, 2009

Oupa en Ouma van Potch kom kuier

Hier is ek, Pappa, Oupa, Rassie en Naka by die swembad laas naweek. Ons het lekker lank geswem, en net toe ek dit nou regtig begin geniet, toe moes ons uitklim. Mamma is bang ek kry 'n virus.