Thursday, June 25, 2009

Ek vorder julle - KYK !!!

Oupa Jan kry die naweek 'n prys in Bloemfontein. My Ma het vir my mooi deftige klere gaan koop. Sy sê dis pragtig, maar ons wonder of dit warm genoeg gaan wees. Dis glo yskoud in Bloemfontein. Ek sal ook skoene aantrek.



Ek staan deesdae op teen alles, en ek kruip té vinnig vir die kamera!
OK .. BYE !!
Jan-Hendrik.





Na die gevliegery het Oom Jacques ons gevat vir 'n vinnige wildkyk. Hy't my leer bestuur. My Ma sê Oe hy's handsome ... Ek probeer sien wat sy bedoel. Toe wys hy vir ons 'n zebra met slegte gedagtes ...




Tannie Daleen is swanger. Ek sal die baba leer skop eendag. Hy sal my leer vlieg, hoop ek. My Ma sê hulle gaan mooi kinders hê ...
Na my Oupa was dit my Pa - die vliegtuig het so bietjie langer gevat om hoogte te kry. En toe - toe was dit Ouma Corrie. Ons het nie gedink ons sal dit ooit sien nie, maar sy het dit toe baie geniet. Ons was SOOO bekommerd - ons het selfs begin dink ons het nou K#$%!!K aangejaag. Maar Ouma Corrie is 'n ware high flyer ... sonder vrees; selfs nie toe die pilot doer bo sy enjin afgeskakel het en tot onder gesweef het nie. Hy het dieselfde met my Pa gedoen (daarom geen fotos van my Ma se vliegbeurt nie). My pa het iets gesê van 'n briekstreep, of so iets ...





Ek het maar net gekyk. Ek het nie hierdie keer gevlieg nie...

So hou mens VADERSDAG !!!!

Jong - dit moes julle sien.
Saterdagoggend BAIE vroeg, nog voor my Pa lekker wakker was, was ons op die Baberton vliegveld vir 'n flip of twee. Oupa Jan was die hele tyd voor dit baie uitgesproke oor hoe onveilig die tiepe van goed is, maar raai wie was eerste om te volunteer. En hy het dit vreeslik baie geniet.




En daar gaan hulle !!! Weeeeeeee !!!!





Tuesday, June 16, 2009

En ons bou, en ons bou, en ons bou ...

Die geboutjie vordernou vinnig. Die trap is vandag gebou, en meeste van die bourommel is weggery (dankie tog). Pa sê hy kan nie wag vir die eerste oggend wat hy nie deur vreemde "Afrika" stemme wakker gemaak word nie. Ten minste is hy nie meer bang vir vreemde "Afrikane" nie.




En ons het van hierdie pragtige boom 'n ware "feature" gemaak. Ons gaan mooi tuin maak onder hom.

'n Huis is net werk, werk, werk

Agter die huis, by die kombuis deur uit het ons hierdie naweek 'n hout skem gebou van ou houte wat ons "recycle" het (ons hele erf is nou al vol van hierdie herwinde hout - voel goed om groen te wees). Die hele idee is dat Marinda se pasiente nie ons wasgoed op die draad moet sien wanneer hulle kom vir behandeling nie. Die paadjie aan die regter kant is waar die pasiente sal loop. Die skerm kort nou net olie, en die area daarbinne 'n sement vloer. Dis volgende week se werk.






In die proses het ek amper my vinger afgeskaaf. Vuil skaaf, stomp vuil lemme, duisend amper-vrot teer en sianied besmeerde houte agter die rug, en toe die kant van my neuskrap vinger. Dis nou al twee dae later - dit lyk al beter. En dit ruik nie meer so sleg nie. En die koors is besig om te verdwyn, So-ook die asemnood en die rash. Ja - ek sal waarskynlik genees.


Sittende aan die slaap ...

Vanmiddag het ons in Jan-Hendrik se kamer ingekom en gesien dat hy sittende aan die slaap geraak het - rus net sy koppie op Nemo se lyfie - Mooi né.


Kyk sy mooi voete. Stewige mannetjie (soos sy Pa).






Ek is deesdae fully mobile. Ek kan gaan waar ek wil.

Ek ontdek deesdae goed wat daar ver is, want ek kruip soontoe. My absolute favourite is die hi-fi, veral die knoppie wat maak dat 'n blou skerm ontstaan, want dan moet Pappa opstaan en dit gaan verander. Ek kruip so baie dat my knieë blou kolle kry.



Hier het ek die spens ontdek... Niks is meer veilig nie. Ek wonder of 'n bottel wyn op 'n teelvloer kan breek?

Eettyd is speeltyd. Hier is die bewys!!

Soms eindig die kos nie in my mond nie. Gewoonlik op die grond, of op my ouers se klere, maar soms ook op my neus of in die oog. Dis gewoonlik een groot grap, dan lag my Ma vir my. Ek lag saam, want dis een van die goed wat ek baie goed kan doen.


Hier spog ek met my mooi ouers ...

Ek en my Ma is ewe mooi (so sê my Pa - hy sê hy is ewe lief vir ons - vir my sal hy soen en druk, en vir my Ma glo ook...)


My Ma se tande is mooier as myne op hierdie stadium, maar ek het al laaaaaankal mooier (en groter) tande as my Pa. My Pa sê mens lees nie met jou tanne nie... Hier verdwyn ek so effe agter sy boeppens. My Ma sê mens lees ook nie met 'n boeppens nie...






Thursday, June 11, 2009

Ons is nou moeg vir bou

Dit voel of die boery nooit gaan ophou nie, en nou reën dit ook nog in Nelspruit, en elke dag besf jy daar is nog meer goed om te doen of the bou - goed wat jy nooit voorheen aan gedink het nie. Ons het nou al die huis se riool om die nuwe gebou geskuif, en 'n moerse keermuur gebou om die nuwe vertrek. Die plafon is in, die plek is gepleister, die vloer is gister gegooi ... En ons is darem nog sane (omdat hulle hierdie keer nie binne in die huis bou nie, dankie tog!)









Wednesday, June 10, 2009

EK KRUIP !!

Julle moet dit sien. Jan-Hendrik kruip nou redelik geko-ordineerd VORENTOE - agtertoe was nog nooit 'n probleem nie. Maar om vorentoe te gaan het hy net die regte motivering nodig gehad - PA SE SELFOON !! Dit maak nie saak waar jy die ding sit nie - hy sal hom kry. Hy kruip dat daar blase op sy tone is !!!





EK gaan nou saam met Pappa stort !

Ons kind is nie bang vir water nie. Hy stort saam met ons, en is mal oor die druppeltjies in sy oë. Hy is mal daaroor om kaalgat op die bed te lê - skop en speel, en kap sy kop op die kussings. Piepie gewoonlik aan Mamma se kant.



Kyk sy perfekte kop!! Vol breins!! Vol stories!! Vol streke!!

Tuesday, June 9, 2009

En nou slaap ek in my eie kamer ...

Nogal hartseer, maar Jan-Hendrik is nou in sy eie kamer in die nagte. Hy is mal oor sy kamer, want daar is so baie kleure en speelgoed. En al sy maatjies.






Ons is baie trots op ons kind dat hy al so groot is, maar met dieslefde asem is ons hartseer dat die tyd so vinnig verby gaan. Dit is eintlik skokkend as jy dink dat 9 maande reeds verby is ...
Ek en Jan-Hendrik het 'n liedjie wat ons sing (wel, eintlik sing ek, en hy lag net). Dis op die wysie van "The wheels of the bus go round and round", so sing saam! Die liedjie gaan oor die diertjie skilderytjies teen sy mure:
Hallo vir die groot bruin leeu, hallo vir die pers skilpad, hallo vir die mal bobbejaan, en hallo vir die baba renoster; hallo vir die blou seekoei, hallo vir die geelkolslang, hallo vir die pers muskiet, en hallo vir die moeg jag-lui-perd ... hallo vir die rooi vissie (Nemo), hallo vir die grys olifant, en hallo vir die gay kwagga, en dit is al ons maatjies !!
En dan gaan stamp ons kop met die vlieënde seekat en die vlieënde vis ...


By die huis ...

Hier sit ek op my troon (in my groen stoeltjie op die kombuistafel), en my Ma maak vir my kos. Onthou, ek het nog nooit my mond aan Purity gesit nie; ek verwag van my Ma om te kook. En sy kook.



Ek is baie mobiel, en ek stel deesdae vreeslik belang in alles onder tafels, en knoppies op die hi-fi, en tv remotes ...