Wednesday, October 14, 2009

Kyk hoe mooi loop ek!!!

Pappa verjaar!!!

Pappa verjaar!! (Sommer die hele week as julle weet wat ek bedoel..) Hier is Pappa, ek, en sy wyn, wyn, wyn. Hy het besluit om met sy tuxedo werk toe te gaan om al die vrouens by die werk te gaan impress met sy smaaartgeit...





Kyk my nuwe skoene!!

Check!! My Ma het vir my sandale vir die Somer gekoop. Nogal New Balance. En dit pas my voete perfek!!





Ek is 'n baie gelukkige seuntjie!!! Met nuwe skoene!!!

My eie swembadjie ...

Hier kuier ek met Sunnyboy deur die heining. Hy werk ook by die buurmense. En as dit baie warm word dan swem ek in my eie (klein) swembadjie in die tuin.


Kaalgat in die tuin !!

Die dae word al hoe warmer, en ek en my twee hondeboeties speel in die swembad. Hulle leer my swem en met die bal speel. Die bal pas nie in my mond nie... maar ek probeer.




Die swembad is mooi blou ('n blou skadunet bo-oor, né), en die tuin is mooi groen. En ek is êrens tussen wit en pienk. Lente is 'n pragtige kleurvolle plek in die Laeveld.




Wednesday, October 7, 2009

Nog vroegoggend hardloop fotos ...











Mamma se vroegoggend run ...

Saterdagoggend, dou voor dag (dis nou so 6 uur) - Mamma met haar vriendinne (Altie, Leoné, Suzette) hardloop 'n easy 25 (dis nou kilometers) op die Kaapsehoop pad. Ek en Pappa ry saam en pas hulle op. Ons gee ook vir hulle water langs die pad...









En ek swem ...

Ek storm vir twee goed - die oop yskas (maar my Pa doen dit ook), en vir die swembad. Dan gaan swem ek saam met Naka en Rassie. Al is dit hoe koud - EK SWEM. My kake klap op mekaar, MAAR EK SWEM. Naka stamp my om, en Rassie grom vir my (hy het issues), MAAR EK FLIPPEN SWEM!! My ouers sukkel vreeslik om my uit die swembad uit te kry.





RAAI WIE LOOP !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Ek het so 'n tree of twee begin gee toe ons by my Oupa en Ouma was in Virginia, maar afgelope Dinsdagaand het ek soos die ouens in die Bybel net skielik opgestaan en geloop, en nog nie weer gaan sit of kruip nie. Loop is lekker, en ek loop nou die hele huis vol. Ek loop sonder om te stop van die TV af tot in die kombuis en dan gaan staan ek regop voor die stoof en kyk na my self, en voel tevrede met myself. Dit is nog so bietjie waggel-waggel, maar dis loop, en ek doen dit goed. As ek moet vinnig loop dan het ek 'n triek - ek tel net my hande op, en haal vinniger en hardop asem. Dit werk. OK - daar is so paar ekstra blou kolle op my kop en op ander plekke (ek het al my gat afgeval een of twee keer), en as ek slaap, slaap ek deesdae myself stukkend. Loop is moeilike werk!!!!


Monday, October 5, 2009

Vinnig hallo sê vir Andrew en Tanya in Potch


Ons het baie vinnig oppad terug Nelspruit toe gou in Potch gestop. Andrew en Tanya was daar vir 'n kongres. Ons het ontbyt geëet, gou na die aanbouings gekyk by Oupa en Ouma se huis, en toe moes ons ry...

Laaste oggend in Virginia ...

Laaste oggend by my Oupa en Ouma se huis - ons speel op die swing. Ek moes hard sukkel om eers my sit te kry, maar toe ek dit snap, het ek gespeel totdat my Ma my kom afhaal het. Dis 'n baie lekker speelding - so 'n swing. My Pa moet vir my een maak by ons huis.

Ek sal my kind. Ek sal.



Ek en my Oupa Bez !!!

Ek en my Oupa is beste tjommies en ons speel rof op die trampoelien (spelling??). Ek hardloop (eintlik vinnig-kruip) heen-en-weer, en hy probeer my vang, maar ek is te vinnig vir hom!!





Kyk net die mooiste Springbokkie in die hele wye wêreld!!!

Virginia kuier

Daar is iets very special omtrent die Vrystaat sonsondergange. Kyk hoe mooi is die wolke in hierdie foto. Hier sit ek by Verushka en haar stiefsissie. En raai wat - Verushka is swanger - ek gaan nog 'n nefie of 'n niggie kry!!!! Ons almal hoop dit gaan baie goed met mamma en baba!!!


Ons kuier by my Oupa en Ouma in Virginia!!!

Ons het vir (een-of-ander) langnaweek (ek dink dis erfenis-dag-Donderdag-en-1-dag-af-Vrydag, of so iets) Vrystaat toe gery om vir die familie te gaan kuier. Hulle was almal so bly om vir my te sien. Conraad en Verushka het vir my 'n groot geskenk gekoop - check my bike - en die boks het net so lekker gespeel!!!









Die Kaapse Swanepoels ...

Pragtig en gelukkig - Almal van hulle. Oppad wildtuin toe vir 10 dae!!! Kom ons hoop hulle sien 'n leeu!


Kapenaars!! Niggies!!

My niggies het saam met my gebad ...








En hulle het saam met my hande-viervoet op die dek geloop. Ek het gedink hulle is baie snaaks. Hulle het weer gedink ek is vreeslik snaaks.

Die Kapenaars kom kuier!!!

Maande gelede gesien... Hy lyk nog dieselfde. En hier is my twee niggies - Annies en Nelia. Hulle word ook groter by die dag!!



Ons het vreeslik lekker gespeel, al was dit nou net vir 'n dag. Ek en Nelia het dieselfde belangstellings. Annies doen gymnastics all over the show... Maar sy doen dit goed!! Sy kan op haar hande loop.





Thursday, October 1, 2009

Bye-bye see ...

Vir ou laas saam met Pappa bestuur tot by die strand, en vir ou laas 'n nuwe maatjie op die strand gemaak.





Maar nou moet ons gaan ...