Tuesday, September 30, 2008

Die Kuhn'e het vir my kom kuier !!!

Dis skool vakansie en die Kuhn gesin het vir ons kom kuier. Pappa en Oom Alex het lekker gebraai en gepraat oor gholf (ek sal dalk eendag weet wat dit is).





Oom Alex sê dat ek goeie sterk bene en breë skouers het, so ek sal dalk eendag vir die Blou Bulle kan speel.

Pappa kan nie glo dat hy nie 'n mooi foto van Waldie ook geneem het saam met my nie. Sorry man.

OK .. BYE !!!

Ek's nou 'n BABA, en nie meer 'n NEONAAT nie...


Gister het ek 4 weke oud geword. Presies 07:44 (so sê my pa). Hulle het my saggies wakker gemaak, so bietjie met my gespeel en gesels, en toe vir my gesing... Ek dink hulle is BAIE lief vir my.


In hierdie 4 weke het ek BAIE geleer. Soms is ek soet; dan noem my pa my 'n "engeltjie"...










Maar AL wat ek eintlik soek is kos (melk, of "nannas" soos my mamma dit noem. Ek gee hulle signals - ek trek my mond soooo, maar as hulle my ignore, dan het ek nog een trick.



Huil is 'n baie maklike manier om hulle aandag te kry, en hulle weet ook al presies wat ek nodig het as ek so skreeu. Mamma doen dit al in haar slaap, sonder om 'n oog oop te maak. Pappa slaap in elk geval elke nag deur... Soms noem hy my nie "Engeltjie" nie, maar "Joune" wanneer hy my vir my ma terug gee.

En as ek lekker gedrink het, dan word ek sommer maklik weer aan die slaap ...

Thursday, September 25, 2008

Die Human dogters het weer vir my kom kuier !!



Gisteraand het Leoné en Yolandi Human spesiaal net vir my kom kuier (ek wonder .. hulle het lank met my ma-hulle ook gesels). Ek hou baie van hulle want hulle sê die hele tyd hoe mooi ek is. Hulle het obviously nog nie een van my doeke gesien nie.



Kyk my skewe tone !!!












Vanoggend was ek baie gelukkig om tussen my ma en pa wakker te word (al weer). Mamma het lank met my gelê en gesels. Ek moet sê - regop sit laat my lekker buuuurp ...



Toe het mamma my gebad. Sy's die hele tyd bang ek piepie op haar. Ek wag maar totdat sy nie kyk nie, dan gooi ek hom ...
Pappa like dit as ek piepie. Hy sê 'n man moet kan.


OK ... BYE !!

Ek gaan nou slaap.

Sunday, September 21, 2008

Ons pelle van Krugersdorp



Pappa en mamma se pelle - Oom Martin en tannie Riana - het al die pad van Krugersdorp af gery om net vir my te kom kuier.

Ek laaik hulle, want sommer ...

Oom Martin het 'n baard, en tannie Riana 'n funky bril, OK ...

BYE !! Jan-Hendrik

My niggies het kom kuier !!!















Annies en Nelia het kom kuier !!

Hulle het baie met my gespeel. Ook gehelp om my te bad.







Almal was maatjies, selfs Rassie en Naka. Pappa was bang die kinders en die honde byt mekaar.

Bye !! Jan-Hendrik.

Friday, September 19, 2008



Kyk wie het vir my kom kuier !! Oom DJ en tannie Elmien.
Ek like hulle vreeslik. Dalk bring hulle vir my 'n nefie of twee !!!
OK ... BYE !!

Lekker lui Ryder Cup Vrydag ...

Pappa lê toe die hele Vrydag en kyk gholf. Ek en Mamma het op die bed gelê en gesels met mekaar. Ek kan verbasend vriendelik wees as my magie vol is


Ek vang toe vir Mamma dat sy durf TV kyk - stel seker ook belang in wat by die Ryder Cup gebeur ...






Nee wat ... die gholf is boring. Ek slaap eerder ...


OK .. BYE !!

PROUDLY SOUTH AFRICAN !!!

Kyk !!! Ek is amptelik 'n Boer !!! (Afrikaner / Suid-Afrikaner - ek weet, moeilike issues waarvan my pa my eendag meer sal leer)

Wednesday, September 17, 2008

Potchefstroom is ook koud !!!

Oupa Jan was seker bang ek piepie op hom. Hy was ook bang daar is 'n trek in die kamer; gou al die vensters gaan toe maak.


Ek het vreeslik gehuil, toe het oupa my aan die slaap gemaak.



5 minute later ... toe slaap oupa ook !











Almal is vreeslik lief vir my. Pappa moan dat ek tussen hom en mamma slaap, en hy is bang hy rol bo-op my. Ek stem saam - met pappa se maag se size gaan ek baie seer kry. (En pappa snork vreeslik !!)

Maar ek weet hy is BAIE lief vir my.


Groete

Jan-Hendrik

My eerste keer in die Vrystaat !! Moer, dis ver en koud !!


Ons het vir Ouma Mara gaan kuier, want sy is baaaie siek, maar almal het die groot ontmoeting vreeslik geniet.


Oupa Wes het my amper opgevreet, en hy sê ek is baie mooier as my pa (al dink my pa nie so nie) ...














Ouma Mien was vreeslik bly toe ek vir haar kom ontmoet het in Winburg (of is dit nou Windburg, want die wind het vreeslik gewaai, en daar was stof orals). Ek het 'n lekker vrot doek by Ouma Mien gelos. Sy sal my vir 'n lang ruk onthou.

Conraad en Verushka was ook baie gaaf, maar Verushka sê sy's bang vir my want ek gaan breek.
Pappa sê Liewe Jesus het my gemaak om deur 'n té klein tonneltjie geforseer te word, so ek sal nie sommer breek nie.

Ek moet net nie val nie.

Groete

Jan-Hendrik

Monday, September 15, 2008

Ons is bietjie weg !!

Ons gaan gou vir twee dae vir die familie kuier. Ons sal nuwe fototjies opsit so teen Donderdag.

Bye bye.

Sunday, September 14, 2008

Jan-Hendrik se kamer is uiteindelik klaar !!!

Hierdie is Jan-Hendrik (en al sy boeties en sussies wat gaan volg) se speelkamer. Die swart gedeeltes is om op te teken met bordkruit.


Die prentjies op die mure is gedoen deur ons pelle tydens die pre-baby party so 'n maand gelede.













Die perdjie en die stoeltjie is geverf deur Pappa en Oupa Bez - in elke kleur wat ons in die hande kon kry.

Eerste keer kerk toe !!!

Die Nelspruit SWANEPOELTJIES het vandag 'n fantastiese dag gehad !!!

Dis heerlik warm in die Laeveld; nie 'n wolkie te siene nie. En Jan-Hendrik was die eerste keer kerk toe!!!


Hy het vir die hele uur in die kerk soet en stil gelê en slaap. Ek dink nie hy het veel ingeneem nie.
Die dominees het gepreek oor ons motivering om kerk toe te kom. Vandag was ons motivering om vir almal te kom wys hoe mooi kind die Here vir ons gegee het.


En toe vanmiddag het hierdie mooi Bruinkop Visvangertjie vir ons in die tuin kom kuier.

Mooi bly tot later. Pa is besig om die babakamer klaar te verf ...

Saturday, September 13, 2008

Dag 13 !! Die outjie word nou groot !!



Daar is seker nie 'n lekkerder plek om te lê en slaap as Pa se borskas nie. Pappa vryf ook al sy winde uit, en maak seker baba is rustig voordat Mamma borsvoed.






"M" is for "Monster". Nie regtig nie. Jan-Hendrik is 'n soet baba, wat baie slaap, en eintlik maar min huil. Hy was vanoggend weer saam met ons dorp toe, en was die hele tyd stil en tevrede.










Sy Ma is vreeslik lief vir hom; hulle slaap langs mekaar op die bank voor die TV en op die bed.
Ek kan nog nie lekker uitmaak watter kleur sy ogies is nie - baie donker, met 'n effense groen by (dalk soos Ouma Cornelia). Ons sal maar sien soos hy groter word.

Groete vir almal. Jan-Hendrik, Ma en Pa.

Friday, September 12, 2008

11 dae oud!!

Die kroontjie op sy koppie. Hy het nog nie vreeslik baie hare nie, maar die Swanepoels is nie regtig bekend vir hulle harige koppe nie. Eendag sal hy soos sy pa opmaak daarvoor deur 'n klomp hare op sy bors te groei.

Met sy groot oop ogies kyk hy na alles rondom hom; soek seker die mamma waar die kos vandaan kom...

Pappa is besig om sy kamer uit te verf. Ons kon nie op die ideale kleur besluit nie, toe maak ons die kamer maar al die kleure van die reenboog. (Pappa verf al die hele week; hy's nie baie lus om hard te werk nie; dis vakansie)
Tatta; sien julle more weer!! Jan-Hendrik.

Thursday, September 11, 2008


Jan-Hendrik is mal daaroor om kar te ry. Hy slaap vreeslik lekker in sy karstoeltjie.


Kyk net hoe mooi is ons kind.









Hy en sy ma is mal oor mekaar!!
En ek is mal oor hulle beide!!


In die aande lees ons vir hom stories. Ek dink nie hy neem veel in nie.






Vandag is dit koud en bewolk in Nelspruit. Die afgelope twee dae was verskriklik warm (35+). Ons verwag so bietjie reen vandag.