Friday, November 20, 2009

Die reuk in die badkamer ...

Die storie loop so: Daar is 'n snaakse poep-reuk in die badkamer... En dit was nie ek nie ... was dit dalk jy? ... OK - dit was ekke !!!









My Pa-hulle ry met hulle fietse

Een oggend vroeg, toe ek en my Pa nog slaap, het die eerste ouens weggespring vir die 94,7 fietsresies in Johannesburg. My Pa het die vorige aand al besef hy sal hulle nie kan wen nie (eintlik was meeste van hulle al terug by die einde voordat my Pa behoorlik wakker was...)



05:30 - wegspring vir die pro's. Dis maklik om daardie tyd van die oggend fiets te ry (sê my Pa). Die regte manne ry heelwat later as die son reg bo jou hang... My Pa het sy gat gesien in daardie son... Vir my Ma was dit maklik! (soos meeste dinge in die lewe)





Tuesday, November 17, 2009

Soweto marathon !!!




Sommer so in die terug-Nelspruit-toe-ry het my Mamma die Soweto marathon gehardloop. Ek en my Pappa het vir die Lyons (Oom George en Tannie Tilla) en tannie Curly gaan kuier in Roodepoort vir die oggend. Al weer nie fotos geneem nie - sorry!!

Currie Cup Rugby op sy heel beste !!!







Ons is reg vir die groot rugby - ek in my oranje hempie en my Ma is haar half-Vrystaat-half-Springbok trui (my pa sê daardie trui verteenwoordig eintlik almal op die veld vandag - een Vrystater en dan die Bulle wat almal behoort Springbok te speel). Snaaks, selfs die Bulle speel beter in Blou as in Groen...

Lekke rontbyt in Potch

Ons eet lekker ontbyt die oggend voor die Currie Cup Finaal. Blou Bulle teen die Vrystaat Cheetas. Lekker. My Ma, Tannie Tanya en ekke is Vrystaters (dis 'n ding wat ek ge-erf het, nie gekies het nie...), en die res is Blou Bulle. My Pa sê hy gee nie om wie wen nie. Hy was afterall
baie lank in die Vrystaat. As jy glo eenmaal daai water gedrink het en dronk was by Mystic Boer, dan is die Vrystaat maar altyd daar diep binne jou... Andrew sukkel om dit te verstaan. Hy sal dalk eendag...





Maar ek dink nie almal het hierdie lekker dag geniet nie. Hier is 'n vreemde dogtertjie wat bietjie af lyk. Sy en haar Pa skree seker vir die Sharks of die WP ...

Baie vinnige kuier in Potch

Onshet na die gholftoer by Pappa aangesluit en verskriklik vinnig by Oupa en Ouma in Potch gaan kuier. Hier speel ek en Oupa Jan op die swing. Ons kom nou eers agter ons het hierdie keer nie 'n enkele mooi foto saam met Ouma Corrie geneem nie. Sorry!!! Maar kyk hoe mooi is haar tuin en al die mooi rose!!



En ja, die bakkie is nog steeds daar. As my Pa korrek is, is die bakkie nou al 30 jaar oud!!(?)





Pappa gaan op 'n gholftoer ...

Pa en sy dokters pelle is op 'n gholftoer na die groot stad. Ek en Mamma het hulle vroeg een oggend gaan afsien. Hier speel hulle op Bryanston, Silver Lakes en Zwartkops in Pretoria. Andrew speel saam. Hy maak al die chip-ins, en wen al die geld. Hy kan as hy wil...














Nog tuin fotos ...







Die trappie is klaar, maar moet nog geverf word. Die erf begin nou baie mooi word, maar ons het nog die "gemors"-hoop agter in die hoek, en Naka en Rassie maak seker dat daar geen ongediertes daar wegkruip nie. Hulle bring deesdae nogal gereeld vir ons dooie goed voordeur toe in die oggende - veral van die voëls wat hulle kos uit die bak uit vreet. My Pa sê hy kan onthou dat een van sy honde toe hy 'n kind was (ook 'n Jack Russel) dooie slange aangedra

het. hulle is glo bang vir niks nie.

Kyk ons tuin !!











Alles in Nelspruit is groen, en dit wemel van voëls en ander goggas. Ons grasperk begin ook nou mooi lyk; hy moet nog net so bietjie gelyker gemaak word voordat mens daarop sal kan krieket speel. Ek help maar in die tuin waar ek kan, en ek is baie goed om gate in die sagte houtdek in te slaan met die tuingrafie. Dis maklik; dit klink so dwa-dwa-dwa!!

Ek en Pappa bou 'n trappie vir die houtdek.




Hier is ons besig om 'n hout trap te begin bou vir die dek. Mamma se pasiente sit op die dek op stoeltjies onder 'n sambreel as hulle vir haar wag. Pappa sukkel met die skroewedraaier. Ek bring eerder vir hom die elektriese een; hy werk beter en makliker, en hy gaan so brrrrr in jou mond.






Die dek is vuurwarm in die middel van die dag. Pappa sal maar nog 'n paar sambrele moet aanskaf...

Ons is terug op die blog ...


Hi Julle


Ja ek weet - die blog is oud; amper 'n maand gelede iets daarop gesit. Ons was baie besig, maar daar is geen verskonings nie. Hier is net

'n paar goedjies wat met ons gebeur het die afgelope maand...