Tuesday, December 22, 2009

Ons huis in Desember 2009.

Ek (Pappa) kry die ander dag 'n besoek van Robyn, die vorige eienaar van ons huis (ons het die huis by hulle gekoop so 6 jaar gelede). En toe wou sy graag weet hoe die plek nou lyk. Wel, ek dink nie sy sal die huis en die tuin herken nie, en ek het haar dus uitgenooi om te kom koffie drink. Dit het nog nie gebeur nie, maar ek het gedink om net 'n paar nuwe fotos op die blog te sit sodat sy 'n idee kan kry.