Tuesday, December 22, 2009

Eet saam met die grootmense!!

Kyk hoe sit ek soos 'n groot seuntjie saam met Mamma en Pappa aan tafel, en ek eet selfs grootmenskos; ek spoeg die harde stukke uit, en ek suig net die lekker sappies uit die groot stukke vleis. Ja, dit is so effe morserig, maar in ons huis glo ons dat eettyd ook speeltyd is!! En daar is min dinge wat water nie kan skoon kry nie.