Tuesday, December 22, 2009

Rassie die atleet!!

Ek wou nog altyd 'n hond gehad het wat wil "fetch", maar hierdie is malligheid. Daar is nie 'n plek waar Rassie nie die bal in die hande kan kry nie, behalwe in 'n baie hoë boom, maar dié het ek nog nie probeer nie. Ek kan die bal enige plek gooi - die swembad, in die bosse, op die dak, enige plek - en hy sal dit kry!!