Thursday, December 31, 2009

Ons maak die tuin netjies!!

Ons (eintlik my Ma) het besluit die hoek van ons tuin waar die komposgat is, is lelik as jy van die huis af kyk; so hier grou ek en my Pa gate in die grond vir pale om 'n houtheining te bou.



Die volgende dag is die sement lekker hard en die pale sit styf vas in die aardbol. En ek kuier by my hondeboeties - Naka en Rassie.