Thursday, December 31, 2009

Oukersdag by die familie in Virginia!!

Ons het Woensdag, die 23'e Desember deur die loop van die middag Virginia toe gery, en hier is ons die volgende dag by die huis van Oupa Bez en Ouma Riana. Ek hou vreeslik baie van die ou kar wat agter in die erf staan, en ek speel met die stuurwiel en al die ander levers wat nog heel is. Ek speel met die bal wat Oupa my gegee het; dis net jammer die bal hardloop soms vir my weg; dan moet ek hom by die hek gaan haal; en dan brand die sement my voete... En ja, die kannas in die Vrystaat staan werklik dakhoogte!!