Tuesday, December 22, 2009

Hi, ek is terug!!







Ek en my pa speel elke dag op die gras. Hy kyk na my tussen 5 uur en 7 uur elke dag terwyl my Ma haar dinges af hardloop (letterlik; sy's deesdae so dun; ek herken haar skaars; sy lyk baie anders as die dag toe ek haar gekry het...), want onthou die Comrades is net 5 maande weg!! (En die Comrades is baie lank - 86km; so sy beter baie oefen). Gelukkig het ons deesdae 'n lekker groot grasperk, en daar is baie plek om te hardloop, daar is ook vreeslik baie muskiete!! My pa leer my tennis speel; dit is glo goed vir hand-oog koordinasie - iets (sê hy) wat hy nie regtig het nie.