Wednesday, December 2, 2009

Ek groei, en ek word 'n pragtige seuntjie !!

EK klim op die bank voor die TV dan kyk ek hoe werk my pa aan die buite kant. Hy het tientalle van hierdie fotos geneem (terwyl hy veronderstel was om te werk). Kyk hoe groot word ek nou. En ek is baie slimmer as wat almal dink - ek like dit nie om te gaan slaap nie; ek soen my ma; ek stamp kop (letterlik) met my pa; ek gee high-5; ek groet soos 'n man; en my woordeskat is 'n totaal van "Mamma", "Dadda", en "Nanna". "Mamma" gebruik ek vir my ma; "Nanna" gebruik ek vir enigiets om my gelukkig te hou; en "Dadda" is almal behalwe "Mamma" ('n not-the-mommy tiepe van ding).



Ek drink pragtig uit 'n strootjie uit, en ek is baie lief vir my mooi mamma!!! Almal sê ons lyk nogal dieselfde. Let op die knoppe op my kop - ek stamp hom gereeld.