Wednesday, April 29, 2009

Ander tannie Tanya ...

Dis nou tannie Tanya - Babes van Bloem. Sy het by Mamma kom swart koffie drink, en toe speel hulle my stukkend. Ek kon later nie my oë oop hou nie, toe slaap ek maar...









Nog 'n vakansiedag in die Laeveld !!

Ons wou Sondag Wildtuin toe gaan, maar toe is die hekke toe, want die wildtuin is vol - seker te veel mense, want daar is gewoonlik te min diere (sê my Ma). Toe gaan ons vir 'n lekker middagete Hazyview toe.



My Ma het my geleer hoe lyk 'n regte chicken.
My Pa het my middagete gevoer. Hy raak elke dag beter daarmee.





Oom Andrew en my Tannie Tanya het kom kuier !!

My Oom en Tannie is oppad Wildtuin toe, en hulle het by ons kom kuier. Tanya is gatvol vir rotte (sy doen navorsing, né), en Oom Andrew is gatvol vir studente.

Hulle verdien 'n breek, en 'n paar van daai lekker laaaang sonnige Laeveld niks-doen-baie-drink-en-gesels dae waaraan ek al so gewoond geraak het.



Ons klomp het baie lekker gekuier, en ons het een aand saam met Oom Dries en tannie Babes Bothma van Bloemfontein gebraai.
Oom Andrew smile deesdae met 'n toe mond sien ek... Sy asem stink seker (dis waarom ek my gesiggie so trek)




Tuesday, April 28, 2009

Ek en Pa spandeer die dag in die Laeveld Botaniese tuin !!

Hier by die Botaniese tuin is so baie om te sien. Ek hou aan om my Pa te vertel dat 3 ure nie genoeg gaan wees nie.
Hier is blomme met helder kleure, bome met helder kleure, spinnekoppe met helder kleure, en ander goed. Ek kon op 'n stadium nie my oë glo nie, toe maak ek dit maar toe en slaap - gemaak of ek na die natuur luister.. Hier word sooo baie klanke, geure, reuke,en dinge saamgegooi. Dit is so bietjie oorweldigend. Ongelooflike plek !!



Hier is bome wat in ander bome groei, plante wat op die stamme van ander bome groei,
palms wat in die water groei, goggas wat nie ophou groei nie (ek is een van hulle)...






















Nog 'n lekker vakansiedag by die huis

Vandag stem ons !!!

Ek verstaan dit nog nie lekker nie.. Hoekom stem ons as ons weet wat die uitslag gaan wees?

Hoekom stem ons as die res van die stemmers nie kan lees of skryf of belasting betaal nie?

Ek verstaan dit nie...



Met die bouery by die huis gaan dit BAIE goed !!

Pa kan nie voorbly om boumateriaal vir hierdie klomp bouers te koop nie. Die geboutjie het vandag dakhoogde bereik. More gaan koop ons die dakbalke.





Ek groei 'n tand !!!!

Laas Dinsdag (1 week gelede), ontdek my Ma my eerste tand - LINKS BO!! En dit groei elke dag meer en meer. Kyk hoe mooi wit is my tand as ek smile.


Monday, April 27, 2009

Wyse advies van my Pa

Drie brands om nie te koop nie - Camp Master kampstoele (want hulle breek as jy langer as 1 jaar op hulle sit), Amstel (want dit maak jou dronk en slaperig), en BMW (want dit brand uit langs die pad as jy nie versigtig is nie)





Die storie agter die pienk ...

Die storie is dat ons almal moet pienk dra sodat die aankomende verkeer ons kan sien en ons nie blerrie dood ry nie. Hier is die kern van Nelspruit marathonklub, almal met hulle se pienk hempies.


Hier is my girl (en haar pa)



Hier is ek op die dam se wal saam met my Ma en my Pa. Die dam is baie mooi en baie vol. Die water loop oor die damwal tot in die rivier waar daar visse is.


Ek en my maatjies by die Sherrie Run

Ons maak reg vir die Sherrie Run die oggend na die Halfmarathon Bergklim ding oor die (hoogste @$#%&!!) berg langs die dam. Ons dra almal pienk.


Hier is twee van my maatjies - Theuns en Nico Meyer. Hulle is ook ouer as ek. Hulle loop al (Theuns loop al laaaaaankal). Hy het al weggeloop ook.






Elke vakansie het mooi meisies ...

Hier is ek en my maatjie - Zune Scheepers. Sy is so bietjie ouer as ek, maar my Pa se dis OK; dis goeie mense...


Sy kan al kruip. Ek's so bietjie jaloers.

Lekker by die Loskop dam ...

Ons was so twee weke gelede by die Loskop dam vir die half-marathon bergklim ding (julle sal sien my Pa se ge-bloggery is maar die hele tyd so twee weke agter). Dit was heerlik, en dit was my eerste uitkamp ervaring!!

Hier spit ons 'n vark. Hy was darem reeds dood.
Mamma kyk hoe verloor die Vrystaat (al weer), en sy probeer hard om 'n straight face te hou.




Groei - groei - eet - eet - slaap - slaap ...

My Pa sê ek groei nou soos 'n bossie in Februarie - moer vinning en in alle rigtings. Ek is hier al amper so groot soos my Ma.

Ek hou daarvan om op my klaviertjie te speel. Soms voeter ek hom met ander speelgoed vir ekstra effek.




Hier kyk ek en Pappa die Paris-Roubaix fietsresies. Vreeslike opwinding. Hulle trap en trap en trap. Sommiges val.

Monday, April 13, 2009

Terug by die huis - Pa bou al weer

Pappa-hulle bou vir Mamma 'n praktyk by die huis. Die ou store agter in die erf word uiteindelik ontwikkel, en daar word 'n kamer aangebou vir Mamma se pasiente.

En toe slaan die bouers die huis se hoof dreinpyp af wat toe glad nie loop waar die planne sê nie, maar Pappa het dit gou met 'n PVC pyp uitgesorteer.



Die bouers grawe reuse fondasies; ons mag dalk net olie ontdek, of dalk die Kruger miljoene...


Eiervrug met 'n twist ...

Daar groei snaakse goed in die Wes-Transvaal. Dis seker die water ...
Kyk hierdie eiervrugte - die een is 'n reus, en die ander een het 'n probleem.



My Ma het gelag dat sy uit asem was ...