Thursday, January 29, 2009

Oom Marius het verjaar - 50!!

Oom Marius het verjaar, en ons het almal die naweek by hulle gaan kuier op die wildsplaas by Hoedspruit. Sy gesin het hom verras met 'n helikopter vlug van sy huis af na die plaas toe, en ek is seker hy het dit vreeslik geniet.

Almal was daar...






Ek ook!




En kan ek speel? Watch my!

Ek is mal oor speel - met Wagter die Kersfeesleeu, Naka, Rassie, Pappa, en natuurlik speel ek BAIE met Mamma.




Ek is vreeslik vriendelik, en lag deesdae vir enigiets. Ek kielie orals, veral as my Pa sinnelose goed kwytraak, herhaaldelik, en in crescendo... Hy is baie snaaks; ons geniet mekaar se geselskap.

En as ek moeg gespeel is, dan vat ek 'n vinnige snack, gevolg deur 'n vinnige nap.







Badtyd !!

In ons huis is badtyd, eettyd, en poefietyd, ook speeltyd!! My baddens word al langer (amper soos swem), en ek word ook party keer op my magie neergesit, dan hap ek die water want dit lyk so lekker. My Ma sê ek het 'n cute tottie. My Pa sê 'n mens (of eerder 'n vrou) maak nie grappies oor 'n man se meneer nie. Hy het in hierdie fotos my "meneer" weggesteek.




Moenie worry nie - ek is nie bang nie - my kop kry net koud.





En ek stort deesdae saam met Pappa. Dan is my lyfie vol hare. Hy verloor vreeslik hare. Shame. My Ma sê dis sy manlikheid. My Pa sê hy's bang dis 'n fungus...



Ek en my baie gesigte ...

Ek het geleer hoe om my gesiggie op baie verskillende manier te trek. My Pa sê ek word te gou groot. Op hierdie fotos is ek VERBAAS ("no way!!"), NUUSKUKRIG ("ek verstaan nie, sê weer.."), MOER SLIM ("bietjie soos my Mammie"), ADORABLE MET KISSING LIPS ("soos my Pappie"), en BAIE TEVREDE ("vir my om vuil te maak, vir julle om skoon te gaan maak").















Friday, January 9, 2009

Ek en my gesin..



In ons huis is badtyd ook speeltyd. My Mamma maak my bad deesdae so bietjie kouer, want dis verskriklik warm in Nelspruit...
My Pappa probeer 'n gesinsfoto neem, maar dit gaan maar baie moeilik - ek wil nie vir die kamera kyk nie. Kyk hoe sweet hy deur sy klere. Shame.

My Pappa sê: "Kyk!! Wêreld!! Kyk!! Hier is ek en my gesin, en ONS SAL DIE HERE DIEN!!

Al ons vriende by die maratonklub

Ons het koek gevat vir al ons pelle by die hardloopklub.

Hier sit die manne ...

Hier is Tannie Karen Steyn, Oom Pieter wat my uitgesny het (Mamma se dokter) se vrou, en haar seuntjie Simon.
Die tannie hardloop BAIE vinnig, en sy word nie eers moeg nie...

Die Bouwertjies kom kuier vir Mamma

Tannie Ciska en die twee seuns, Craig en Graham, het vir Mamma kom kuier op haar verjaardag. Hulle het saam met die honde geswem, en ek dink Craig het sy oë onder die water oopgemaak.


Ek trek deesdae 'n 101 gesigte in een minuut; ek lag sommer vir enigiets, en my nuwe gesiggie is "verbaas" met my mondjie groot oop.






Ek begin ook nou stewig op my voete staan met stywe beentjies. Ek hou myself regop met my armpies as ek sit in die bad.
Pappa sê ek word nou te vinnig groot, vee 'n traan af op sy wang, en begin die bakkie se sleutels wegsteek...



Mamma verjaar !!! Sy word ... (OK, ek mag nie sê nie)

Pappa het vroeg vanoggend vir Mamma gesing. Ek begin nou al van die woorde vang, maar ek kan hulle nog nie mooi uitspreek nie. Maar ek het probeer.


Pappa het my in hierdie springbokvelletjie toegedraai en vir Mamma gegee en gesê: "Dé; hy't 'n vuil doek". Ek dink ek was Mamma se geskenkie ... en my doek was Mamma se verrassingtjie...


Daarom probeer ek so cute moontlik wees. Hier ry ek perdjie op Mamma se magie...


En hier lê ek met groot ogies en steel my Pa se hart...


Nog doopfotos ...

Na die doop het baie mense by ons kom kuier.

Hier vang ek 'n slapie, want dit was 'n baie besige oggend vir my.

Klein Nico Meyer (een van my baie maatjies) het ook gedink 'n slapie is 'n goeie idee. Shame, hy sny tande. Hy's siek.


Oupa en Tanya (my peetma)


Hier is my Oupa na wie ek vernoem is. Hy is vreeslik trots op my. Hy het my ook vanoggend in die kerk in gedra om gedoop te word.




Doopfotos !!

Pappa sê dat hy en Mamma hier met die doop voor die hele gemeente en die familie en al ons (baie) vriende belowe het om my as Liewe Jesus se kindjie groot te maak. Hy sê ook hy sien al 10 jaar uit na hierdie geleentheid (sedert hy en Mamma getroud is).

Ek is baie bevoorreg om so 'n groot familie hier te hê om die dag met my te deel.








My naam is ook nou amptelik JAN WILLEM HENDRIK SWANEPOEL (net soos my Oupa Jan, my Oom Jan, my Pa se nefie Jan, my oorlede oupagrootjie Jan, en ek dink daar's nog...)



Ek word gedoop!! 4 Januarie 2009

Dis die oggend voor die doop. Almal is baie mooi aangetrek. Mamma lyk pragtig (my Pa sê dit die hele tyd vir haar). Ek word gedoop in dieselfde kleertjies waarin my Pappa gedoop is toe hy 'n baba was..
Mamma, Ouma, Verushka en Elmien het vreeslik baie kos gemaak vir al die mense wat na die doop by ons kom kuier het.

Kyk hoe mooi is my Ma ...


Hier is ek en my Oumas en Oupas... Ek wonder hoekom was Oupa Wes nie op hierdie fotos nie.



Die aand voor my doop

My Oupa en Ouma van Potch en ook Oom Andrew en Tannie Tanya het ook kom kuier want more word ek gedoop!

Ons het voorwaar by 'n feesmaal aangesit. Ek lê bo in die kamer en slaap my gat af.