Thursday, December 25, 2008

Kersdag !! My eerste Kersfees !!

Ons is almal vandag baie opgewonde. DIS KERSFEES !!!

Ons is as gesinnetjie saam by die huis. Dis renerig en koud vandag in Nelspruit. Fantastiese weer vir Kersfees !!

Hier is ek en Wagter my Kerfees Leeu.

Hier is ek, Pappa en Mamma.


Hier is so baie geskenke. My kersgeskenk is die kleurvolle wurm by my linkervoet. Ek het Wagter al laaaaankal ...



My Ma sê ek is die beste Kersgeskenk wat sy al ooit gekry het (al was dit so bietjie vroeg)
OK ... BYE !!!
JAN-HENDRIK SWANEPOEL


Dis Oukersaand

Gistareaand het ons lekker kos gemaak. Ek het 'n bottel melk gekry ("plastic melk" soos my Mamma dit noem), en Pa en Ma het gebraai. Kyk al die koolhidrate in daardie borde.







Iemand anders het ook 'n GROOT kersete in gedagte gehad, maar die brommer het weggekom. Shame ... arme akkedis ...



Dis die fees seisoen !!

Dis al weer Kerfees (my eerste een natuurlik), en ek het gehoor sekere mense drink hierdie tyd van die jaar te veel.

Drank maak my sommer bang...

Gee my eerder 'n bietjie sappies

En 'n happie kos



Dan slaap ek soos 'n baba ... (ek is eintlik een)




EK GROEI !!!

Kyk hoe groot het ek geword in net 4 maande. Links is ek op 2 weke, en regs is ek op 4 maande.


Ek, Pappa en Mamma kyk die krieket - die eerste toets teen die Ausies in Perth. Dis baie spannend - Suid-Afrika kort 414 in die tweede beurt om te wen. Dis BAIE spannend. Pappa kou sy naels af...

Hier fluister ek in Wagter (my Leeu) se oor: "Ek dink ons gaan wen..."

Oom AB de Villiers slaan toe 'n helse klomp lopies, en ons wen met 6 paaltjies. Vat so, Mate ...



Kyk Mamma - Ricky Ponting huil ... Ha-ha-ha !!!
Pappa het 'n traan in sy oog. Maar hy's bly. Ons het gewen!!!


Dis nog steeds seer ...


Hierdie foto is geneem 4 dae na my inspuiting, en DIS NOG STEEDS SEER !!!
Maar die koors is darem weg. Ek voel al heelwat beter.

EK BEGIN EET !!!

Hierdie week het ek die eerste keer begin eet. Nestum nr 1.
Ek het dit sommer van die begin af goed verstaan (want ek het al baie gekyk hoe Pappa dit doen).

Dit was 'n saak van gee en neem (recycling soos my dokter dit noem) - Mamma gee vir my 'n happie, dan gee ek dit terug, dan gee sy daai selfde happie weer vir my, en so gaan ons aan totdat meeste van die kossies in my magie is.
Ek kon nie wag vir die volgende happie nie, maar ek kry net kossies een keer per dag - die ander maaltye is borsmelk !

Ek kry al weer 'n inspuiting ...

Dit was 'n slegte dag - so 'n week gelede. Ek het my inspuitings gehad. Dit was seer maar ek het nie gehuil nie. Net een skreeu toe was ek stil.
Toe gaan swem ek en Mamma, en ek breek toe per ongeluk haar hangertjie. My Pappa sê hy het dit ook gedoen toe hy klein was. Dis niemand se skuld nie. Ongelukkige is deel van die lewe.


My Mamma sê ek is die cute'ste ding in die wêreld. My Pappa is vreeslik trots op my en op Mamma. Hy sê sy lewe maak nou baie meer sin.







Ons is al weer besig in die tuin ..

Ons is besig om 'n dekkie by die swembad te bou. Mamma sê dit lyk soos 'n verhogie. My Pa sê ons sal eendag buitelug "kamer"-konserte hier hou.





Mamma is die hele tyd besig om tuin te maak .. ons tuintjie begin nou al baie mooi lyk!


Wat dink julle doen hierdie twee slakke?
SO bou 'n mens 'n nasie (sê my Pa) ...

Ons maratonklub se afsluiting ..

So twee weke gelede was die maratonklub se afsluiting. Pappa was baie bly hy het nie die loodswaaiersprys gekry nie, alhoewel hy genomineer was. Mamma sê 'n loodswaaier is actually iemand wat wel hardloop, maar net nie genoeg nie. Pappa kwalifiseer dus nie ...


Al ons vriende:

Ek en Tannie Nicolene



Ek en Tannie Mariet en Oom Andre Erasmus


Ek en Tannie Altie en Leoné (soms ook genoem LeonF of Leon+).
Tannie Leoné is die enigste een van ons groep wat hierdie jaar die Comrades gehardloop het. Sy het ook 'n prys gekry. Vir dapperheid. Sy kan baie pyn vat. MOOI SO!!!


Sunday, December 14, 2008

Die nuwe honde in my lewe ...

Ek het hierdie vakansie 'n paar nuwe maatjies gemaak.

Hier is Levi en Diesel in hul mooi kleertjies (Oom DJ-hulle se honde)..










Kaffertjie en Krummels (Oom Conraad-hulle se honde)..








En Ou Hendrientjie in Potch..
Dan is daar ook Snuffels, Brandy, Spiky, en Blertsie by Ouma Riana, en Vlekkie by Oupa Wes.
OK .. BYE!!
Jan-Hendrik.


Aan die einde van die vakansie ...

Ek en my Pa het soms laat geslaap. En wanneer ek in die middag geslaap het, het Ouma Riana die vlieë van my af weg gehou met die koeknet...























Joané en Daniëlle het mos saam met ons Bethlehem toe gery. Hulle het baie verveeld geraak oppad terug...














Dit was nou wel 'n binneland vakansie, maar soms het dit gevoel of ons by die see was...




Ons het ook by Oom Conraad-hulle by die huis gaan kuier.


Oom Conraad en Tannie Verushka het onlangs in 'n nuwe huis ingetrek. Dit lyk baie mooi - die tuin kom goed aan, en Oom Conraad het ook vir hom 'n woelpoel gekoop vir die warm somerdae (baie soos Oom Andrew en Oom Waltie van ouds - dis nou 'n hele ander storie vir 'n ander geleentheid...)






Ons het baie lekker geëet (dankie Verushka. Sorry - ek sien ek het nie 'n enkele foto met jou op nie... Sal maar volgende keer)

Oupa het sterk probeer om die muskiete af van my af te hou...

Ons kuier in Bethlehem - die een in die Vrystaat.


Ons het in Bethlehem by Oom DJ (Mamma se boetie) en sy vroutjie Elmien gaan kuier. Soos julle kan sien - ek was die star attraction, en ek het my baie soet gedra en lekker met hulle gesels.


Ons het ook gaan kyk hoe lyk dit by hulle spreekkamers (hulle is beide tandartse), en toe kry Mamma die lus om 'n pasient te word. Pappa het amper flou geword ...