Monday, August 24, 2009

Onlangs by 'n heeldag-party ...

Ons was by Tannie Nicolene se verjaardag. Dit was vrek koud, en ons het baie warm aangetrek. Ek was soos gewoonlik een van die major attractions, en ek was vreeslik vriendelik - gespeel en gesels met almal. Kyk my koekie. Ek eet hom met my 4 tanne.





Sunday, August 16, 2009

Gholf by die huis ...

Ek wil ook leer gholfspeel. Want dit lyk so lekker en maklik. En as ek daardie talent in my gene het, gaan ek eendag groot geld op die gholfbaan maak, al is dit net teen my Pa. Ek weet presies wat om te doen. Jy slaan die groot bal met die groot stok - net so...


OK ... BYE!!
Jan-Hendrik.

Ek ook by die dryfbaan

So - julle vra seker wat ek gedoen het toe my Pa en Ma balle geslaan het met hulle se perfect swings ... Ek het gekyk en kritiek gelewer; ek het vir hulle balle uitgehaal en probeer eet; en ek het fotos geneem deur (seker toevallig) die regte knoppies te druk. Ek ken van knoppies druk. Hier is twee van my eerste fotos ooit.









Nog gholf ...

En Pappa se swing - die wêreld is armer omdat hierdie swing nie op die USPGA tour te siene is nie ... Pappa sê as hy net meer geoefen het, veral om te put, sou niemand van Tiger Woods geweet het nie..





Ek dink Pappa is 'n grootbek.

Vandag het ons gaan balle slaan ...

Ons was vandag op die dryfbaan. Dit was 'n heerlike warm dag buitekant. Mamma het tog 'n goeie swing; sy moet net meer oefen. Hier is haar roetiene.




Alles is perfect. Sy stem saam. 'n Goeie bewys dat gholf op die greens gespeel word... (sê Pa)




Friday, August 14, 2009

'n Vergelykende studie ...

Na 1 week; dan na 5 maande; en dan na 10 maande.

Kyk julle - EK GROEI !!!!






Groot seun

Ek is groot, en staan, en gee my opinie; dalk nie in 'n taal wat julle kan verstaan nie, maar soms like ek nie die kos nie, en soms like ek nie van alleen wees nie; en soms like ek nie van ander mense rondom my nie.

Ek is deesdae nogal my Ma se seun. Daar is mos so 'n ekstra special "bond" tussen Ma en Seun ... En ek slaap deesdae dwars oor my bed. Ek slaap soos ek val!



Kruip MEESTER !!


Ek kruip deesdae baie goed - links, regs, vorentoe, agtertoe, skuins, bo-oor goed, ens. Ek het al die moves. My volgende mikpunt is ... LOOP!!

Eerste swem van die nuwe seisoen ...

Mamma het vir my 'n swembad gekoop groot genoeg vir een - ekke. Naka wil ook swem, maar hy pas nie in die swembad saam met my nie.




Ek spat en spat en spat die water dat dit daaaar trek...
Skinny-dip is lekker. Ek het dit by my Pa ge-erf.

Ek en my Ma werk in die tuin ...

Ek en my Ma het die besproeing in die tuin gefix toe my Pa in die Kaap was. Kyk - ek het in die modder geval en so bietjie vuil geword.



Hier is 'n lekker plas water in die tuin. So drink Naka en Rassie water uit hulle bak uit. Kom ek wys julle.





Thursday, August 13, 2009

My mamma is klaar gehardloop

Hulle is almal klaar!!! En veilig!!! Nou kan die tiere en bere mamma nie meer vang nie. Mamma het saam met Oom Andrew gehardloop, en hulle het dit baie geniet.




Pappa was die baby sitter. Beter so, sê hy, want hy oefen nie.

Amper kaalgat op Skukuza se rugbyveld...

Hi julle. Nou's ek lekker wakker, en ek speel op die rugbyveld. Dis winter, maar dis warm; dis Skukuza. My Pa het my ontbyt vir my gegee, en my warm klere uitgetrek. Hy kan nie byhou hoe vinnig ek heen en weer hardloop nie. Ek sample al die bokdrolletjies. Hulle smaak almal ewe k..k



Ek kan my verkyk na al die mense en hulle dinge. Hulle het die vreemdste klere aan, en hulle lyk almal moeg en gatvol... My Pa sê 'n baba is werklik 'n babe magnet - as ek en hy single was sou ons maklik 'n paar warm geswete girls kon huis toe vat...





Maar ek mis my Mammie ... waar is sy?

Een oggend vroeg ...

Die son is nog nie eers lekker uit nie, en hier gaan ons al reeds. Vandag Skukuza toe vir die Skukuza 21km wedloop. Daar aangekom het ons alles eers mooi uitgekyk. Pappa het my opgepas. Mamma het gehardloop in die bos.




Daar gaan hulle. Ek hoop hulle kom terug...

Ons oefen om te loop - kyk!!


Ek is sooooo naby aan loop. Ek hardloop letterlik die hele plek rond hande 4-voet, en ek loop op en af teen al die meubels. Ek staan ook regop, maar ek het nog net nie my eerste tree gegee nie. Ek en my Pappa oefen elke dag. Hy hou die hele tyd die kameras gelaai en naby vir die groot oomblik.

En toe ontdek ek die trappe ...

Ek probeer deesdae al die goed wat my Pa ekstra grys hare gee. Ek klim baie maklik nou al die trappe na bo (onder toesig natuurlik), en ek hou meer van selfone en tv remotes as van regte speelgoed, en ek weet presies hoe om 'n dooie blou skerm op die tv te maak op die slegste moontlike tye ...




En ek hou daarvan om met die kamera te speel. Gee hom hier!!!!

Speel, Speel ...

Dalk kan Ouma Corrie onthou - hierdie vliegtuigie het ek gekry op die vliegtuig oppad Amerika toe in (ek dink) 1982. Nog steeds 'n hit, en nou in 2009 speel my eie seuntjie daarmee. Gee 'n man 'n traan in sy oog.



En hier speel Jan-Hendrik met sy mooi ma. En Pa se model karretjies. Hy breek hulle almal, maar dis OK. Dis mos sy kamer.

Ek speel lekker in my kamer!!

Ek is baie gelukkig in my kleurvolle kamer, en Pappa sing nog elke dag vir my die liedjie oor die diertjies teen die muur.



Is ek die mooiste, of is ek die mooiste?

Die blou/geel/groen knoppe op my kop getuig van al my stampe en valle. Dit word minder, want ek kry meer en meer beheer oor hierdie liggaam. Pappa sê ek sal moontlik in my vroeë studentejare hierdie beheer weer met tye verloor en my kop stamp, maar, so sê hy, word 'n mens groot ...

Lekker chocolates op die stoep ...

Mamma werk en Pappa pas my op oor middagete. Nie altyd nie, maar wel op hierdie dag laat in Julie. Hy't vir my middagete gegee, en pudding - 'n stuk van sy chocolate. Ek hou van chocolate - dis lekker morsig. Pappa het baie vinnig vir my nuwe klere gaan aantrek voordat Mamma my gesien het. Pappa het sy chocolate afgespoel met 'n Pinotage.





Baie moeg van al die speel. Ek kort 'n bottel (melk) en 'n bed.