Wednesday, December 2, 2009

Die nuwe goed by Millerstraat 13 ...

Pa het 'n paar nuwe goed by die huis laat bou (sommiges self gebou - die wat skeef lyk), want hy het nuwe geld by die bak gekoop sodat ek nie in die swembad moet gaan speel nie. Eintlik ook om die honde van die stoep af te hou, maar hulle glip deur die reelings asof dit nie daar is nie. Nou besef Pa hy moet tussenin houdsportjies inbou, so hy boor 'n miljoen gaatjies - eers dun boortjie, dan dikker boortjie, dan dikker boortjie, ens. en dan breek hy meeste van hulle... Ek speel maar met my bal.

Die honde het 'n nuwe hok - eerder 'n eenslaapkamer suite, maar hulle slaap nie daarin nie...




En dan het ons nou een moerse lang hek by die huis se ingang vir ekstra gemoedsrus. Die hek is vreeslik swaar - omtrent 17 mede Suid-Afrikaners gevat om hom van die trok af te laai.