Saturday, July 25, 2009

Ons huisie vorder ...

Ons het nuwe gras geplant in ons agter-erf. Dis nog so bietjie rof, maar elke dag lyk dit net beter. En ons het twee oulike Mosambiekers in die tuin in gejaag om muurtjies en paadjies te bou, vir 'n minimale fooi doen hulle uitstekende werk. Ek (Piet) kan nie wag om 'n tweede vloer bo-op die buite gebou op te sit nie; dalk 'n woonstel of 'n kuns/musiek studio of so iets. Ons besef nou eers daar is 'n redelike mooi uitsig na agter toe - oor die dorp.









Lekker in die Laeveld

Die dae is lekker warm en sonnig, maar die aande is koud, en ons huis is so ekstra koud, want sy mure is dik, en sy dakke is hoog. Hier ontdek ek bubbles. My Pa blaas hulle bo my kop, en dan as ek hulle wil vang, dan verdwyn hulle (sommer net so...)





Monday, July 20, 2009

'n Heerlike Winter Sondag in Nelspruit...











Vanoggend was ons in die kerk. Ek was meeste van die tyd stil, maar het op 'n stadium saam met die priester beginne sing en met die mense voor ons se kinders begin gesels. Ek moet sê - ek is nogal 'n babe magnet ...








Die res van die dag het ons in die dorp rondgeloop, geëet by Mug&Bean, en toe TV gekyk - eers Tour de France, en toe het ons gesien hoe Tom Watson op 59 amper die Britse Ope wen - verloor in 'n play-off teen Stewart Cink. Wat 'n ongelooflike dag. My Pa het die hele week se "studie"-wyn opgedrink. Dis nou 'n bottel 'n dag Pinotage wat hy slukkie vir slukkie geniet het terwyl hy sy werkstukke ingehandig het. Sy 1 week verlof is nou verby. More is hy weer op kantoor.

Ek loop amper...




Ek staan op teen alles deesdae. Dit lyk amper soos 'n tiepe van 'n oefening sê my Pa, want ek staan, dan sit ek, dan staan ek, dan sit ek, ens. En ek loop agter my loopraam aan, of Emily se voetstoeltjie, of 'n oop hek. My Pa glo ek gaan loop sonder aan iets vas te hou voor ek

1 is (1 September). En as ek moeg geloop is dan sit ek my koppie neer in 'n poging om te slaap ...

Sunday, July 19, 2009

My Ma se praktyk by die huis is amptelik oop!!

Baie gepas was my ma se eerste pasient tannie Mariet. Sy het glo 'n week gelede haar knieg fatap geval lat die bloed reg oor die pad gestroom het en die mans mekaar met die vuiste geslaan het om haar op te help, of so iets. My Ma ken net die regte moves om so 'n knieg weer beter te maak. Tannie Altie het saamgekom met 'n bottel koeldrank vir groot mense waarvan sy nie te veel wou gehad het nie, toe moes my Pa meer as net sy deel drink.


My maatjie Ruan kom speel by my ...

Hier is my maatjie, Ruan. Sy Ma se naam klink soos my Ma se naam, maar sy spel dit verkeerd.
Ruan is nogal kompeterend, en ons het meer gestoei as gespeel. Hy het die gewigsvoordeel en 'n meer agressiewe aanslag, maar ek dink die game was 'n goeie 2-2 draw.




Ma, Pa en die tannie het koek geëet en koffie gedrink terwyl ons hand en tand (letterlik) "gespeel" het. Nou is ons nie net meer maatjies nie, maar tjomme!! Wonderlik wat 'n blou kol beteken...





My koordinasie neem ook toe, né






My bewegings in die jolly jumper is deesdae regte springe - nogal akrobaties, amper soos Annies.
Ek sit maar in die jolly jumper as my Ma naaldwerk doen. Sy hou nie baie van naaldwerk nie, en vloek soms saggies. Dan trek ek 'n gesig ...

Bad is nog steeds een van my gunsteling speletjies...

Ek is mal daaroor om kaalgat op die bed en op die slaapkamer vleor te speel. En as ek eers in die bad is, dan jol ek behoorlik. Ek gesels en sing, en is soms vreeslik filosofies oor dinge (nes my Pa).









Amper soos 'n pastoor agter 'n preekstoel.

Wat doen ons by ons huis ?

My Pa vra om verskoning dat die blog 3 weke agter is, maar hy sê hy was besig met ander goed, onder andere tuinmaak. Die bouery is klaar, maar hy en my Ma trek hulle vuil werkklere aan en doen finale afwerkings, insluitend die tuin.



Ek speel en hou myself maar besig, en ek dink maar die hele tyd nuwe manier uit om cute verby te wees.





Saturday, July 4, 2009

Die Vrystaat op sy mooiste ...

Oppad terug Nelspruit toe (Maandagoggend dou voor dag). Dis vrek koud buite, maar lekker warm en snoesig binne die kar. Die ryp lê dik op die grasse, en die berge is wit van die sneeu.









In Betlehem

Ek maak elke dag nuwe maatjies - hier ontmoet ek vir Levi, Diesel (die twee Jack Russels), Tannie Elmien se sussie, en hulle het ook visse in 'n groot bak vol water. Ek het die visse baie geniet - jy kap teen die bak en hulle is nie bang nie - hulle swem nie weg nie, maar let's face it - hulle kan ook nie regtig wegkom nie ... My Pa was bang die honde byt my; hy't my opgepas soos 'n #$%&!! (jy weet) 'n selfoon...









Ons gaan kuier in Betlehem by Oom DJ en tannie Elmien

Hier gat ons al weer, maar die langpad is vir my baie lekker - ek sit gemaklik in my stoeltjie, speel met my tone, kyk vir al die mooi goed buite (soos die sneeu op die Vrystaat se berge), en dan slaap ek net wanneer ek wil. My Pa speel vir my mooi klassieke musiek op die radio.




Hier is ek by Oom DJ en tannie Elmien. Hulle het onlangs 'n pragtige groot huis in Betlehem gekoop met 'n pragtige uitsig en 'n groot tuin - baie plek vir honde en kinders.

Die laaste oggend in Bloem!

Die laaste (yskoue) oggend in lekker ou Bloemies. Hier is on gastehuis. Ons het baie lekker hier gebly, en nogal warm geslaap. Te veel geëet, en hopeloos te veel gedrink, maar dit was wonderlik om die hele familie weer te sien!!


Hier is die 3 Jan Willem Hendrik'e




Mamma en Annies met hulle mooi tanne...
Ons het heerlik gekuier, en almal was baie hartseer toe ons afskeid neem in die waterfront mall na 'n heerlike ontbyt by die Spur ... Almal het 'n traan of twee oor die wange voel rol.
Pappa het die traan so vinnig as moontlik afgevee - bang dit vries op die plek ...

Kyk na die effek van drank ...






Blink gedrink ...




Al die gaste ...

Hier is Tanya saam met Riëtte (Hentie se vrou), Hentie saam met kleinsus Sanet.





Andrew saam met sy skoonpa, Oom Dries, en klein-Dries saam met sy vrou (Mamma se pêl en ex-partner), Tanya.







Sanet, Tannie Lynette, en Riëtte (die naampies rym - sê dit hardop)