Saturday, November 29, 2008

Pappa is met vakansie. Ons slaap laat.


Pappa is vir twee weke met vakansie. Eintlik nie, want hy gaan Maandag vir 'n operasie en dan is hy op siekverlof vir twee weke. Hy sê sy derms loer by sy naeltjie uit. Die oom chirurg gaan die gaatjie in my pa se naeltjie toe maak.


Vanoggend het ek en pappa bietjie laat geslaap, en toe het mamma die geleentheid gebruik om 'n paar close up fotos van my te neem terwyl ek in droomland rondhardloop.


Hier is my mooi regter voet









En my linker hand





En my pragtige gesiggie


BYE!!

Soos 'n vis in die water ...



My ma-hulle was so bietjie bekommerd hoe ek sou reageer met koue swembadwater. Wat hulle vergeet is dat ek tot onlangs NET geswem het - ek weet hoe. En Nelspruit se swembadwater is glad nie koud nie...
Hier is ek in my garafe swemkleertjies, en ek swem saam met mamma. Sunnyboy (ons "tuinier") het die foto geneem (want pappa was by die werk). Pappa sê "geen wonder die foto is uit fokus nie", en "ek sal die kamera moet invat vir 'n diens", en sommer baie ander goed sê hy ook...


En ek het gisteraand saam met my mamma gebad - sommer vir 'n halfuur. Dis vreeslik lekker, want sy speel met my en gooi my vol skuim. En pappa click away ...




Ek en my mooi ma ...


Ek en my ma maak baie mooi fotos. Ek sorg vir die cute-geit en mamma vir die mooi-geit.


My pappa sê hy het die mooiste gesinnetjie in die wêreld, en dat hy nou op 'n baie gelukkige plek in die heelal is ... (whatever...)






Elke aand lê mamma en ek en slaap voor die TV terwyl pappa sy gogga-puzzle bou (wat hy nou erken is dalk moeiliker as wat hy verwag of voor gehoop het).


Tuesday, November 25, 2008

My eerste swem en my eerste chocolate ...


Vandag was dit die eerste keer weer 'n lekker sonnige dag in Nelspruit (eerste keer in omtrent 3 weke). Dit het baie lekker begin toe ek my pa wakker gemaak het (omtrent half 6), en met hom begin gesels het.

My mamma het my lekker met roompies ingevryf, en toe gee sy my die eerste keer 'n vingerlek proe van chocolate. Baie lekker!!


Ek het ook vandag die eerste keer geswem. Die water was so bietjoe koud, maar ek het niks gehuil of gemoan nie. Net lekker geskop en met pappa gesels.

Mamma het my vinnig afgedroog, en ek was gou weer warm. Moenie worry nie, Oumas. Ek het die hele tyd my hoed op my kop gehad.
OK BYE!!!
Jan-Hendrik





Sunday, November 23, 2008

Pa se werk se partytjie



Die laboratorium se jaareind funksie. Die musiek was vreeslik hard. almal het gedans, en baie mense was blink gedrink...

Maar ek het rustig geslaap..










Die Springbokke !!!


Gister was die groot wedstryd tussen die SPRINGBOKKE (al sê wie wat...) en die Engelse. Dit voel amper soos die Wêreldbeker finaal wat weer gespeel word...

En toe wen ons op 'n drafstap. Kyk na die telling op die TV. Die slagting het ge-eindig op 41-6 !!


My ma wil net cute fototjies van my neem, maar ek wil die interview met Naas luister...





OK ... Ek stem saam - Ek is BAIE CUTE !!!


My eerste maatjie - Dylan


Ek het my eerste maatjie gekry. Sy naam is Dylan, en hy is 11 dae ouer as ek, en is in Engels gebore. sy Pa is Crazy Dave, en sy ma is tannie Crazy Dave (Bella). Hulle is van is moeilik - Busschau.
Ons het lekker gelê en gesels met mekaar.



Ek was moeg gespeel. Ek het daardie aand lekker gelê en slaap by Mamma.

Wednesday, November 19, 2008

Geskenkie uit Kanada



Ek is nou 11 weke oud !!!! Kyk net hoe groot het ek geword.


En net soos 'n verjaardag geskenk stuur Tannie Andale uit Kanada vir my hierdie quilt.

Quilt = Gewatteerde sprei, gestikte deken, veredeken, verekombers, donskombers (Tweetalige Woordeboek - Bosman, Van der Merwe, Hiemstra).



Baie dankie, Tannie Pampoen. Dit is PRAGTIG !!!!





Dis nogal koud in Nelspruit. Dit reen nou al twee weke (my Pa sê dit voel vir hom soos Engeland...). So vandag gaan ek in my quilt lê en groei.

Monday, November 17, 2008

Ouma Corrie word 60 !!!


Ouma het verjaar so twee weke gelede toe sy in Spanje was. Ek en my Pa en Ma het toe vir haar gesing, dit opgeneem op video en vir haar ge-email, maar ons het weer vir haar gesing die afgelope naweek toe ons almal by Oom Andrew-hulle se huis gaan kuier het.

Hier is ek en Ouma Corrie (Pa sê sorry die foto is so donker)


En hier is ek saam met Oupa Jan (my Mamma sê dis maar dieselfde gesiggie...)



Die koek het amper verbrand, maar Ouma het al die kersies vinnig uitgeblaas.


Oom Andrew is 'n meester braaier. Die kos was heerlik. Dankie julle twee..



Ons het tot laat die aand nog gesit en kuier op die stoep. Dis jammer Oupa-hulle moes toe nog terug ry Potch toe. Hulle moet volgende keer maar eerder oorslaap.

OK .. BYE !!!
Jan-Hendrik.

Ek kuier by my peet Pa en -Ma ...


Ja - dis nou hulle met die Tassies in die hand. Die aand was rof. Selfs die kamera was so bietjie buite fokus...


Kyk hoe smile ek en Oom Andrew vir mekaar.


Ek het hulle geselskap baie geniet. Oom Andrew is baie snaaks.



Hy het hier so bietjie gesukkel ... Maar ek het hom gewys. As jy honger is, dan bring jy daai tiet (enige tiepe) net naby my. Ek sal dit self vind en negotiate ...


Ek dink Tannie Tanya is 'n natural. Ek dink sy moet binnekort vir my 'n string nefies kry, dan leer ek hulle sing en bubbles met spoeg blaas ...



Pappa het gaan fiets ry ...


Dis nou die oggend voor Pappa die 94.7 fietsresies gaan ry. Hy het my eers mooi vertel dat dit nie regtig 'n resies is nie, maar eerder 'n uitdaging (groot woord..)

Veral (so sê hy) as jy nie geoefen het nie.


Mamma groet vir Pappa, en eet koue braaivleis (bietjie weird, ek stem saam).



Pappa groet my. Ek word bang, want Mamma vra iets oor sy polisse..


Hier is die drie van ons (ons hele gesinnetjie), geneem by Oom Andrew-hulle se huis in Johannesburg.




Pappa is klaar gery. Hy en Oom Martin het saam gery (eintlik sê my pa Oom Martin het hom in sy moer in gery).
Pappa was doodmoeg, maar baie bly om klaar te wees. "Nooit weer" sê hy "doen ek so iets sonder om te oefen nie"..
Ek dink my Pa het 'n belangrike les geleer met hierdie fiets-uitdaging...
Dankie vir Oom Alex en Tannie Linda dat hulle Pa oortuig het om te gaan ry (dit was tog baie lekker), en geluk aan hulle fantastiese tye (3 en 'n half uur of so iets belaglik vinnig)... Hulle het obviously nie gestop en rond gekyk hoe mooi Johannesburg is nie...