Thursday, December 31, 2009

2009 se laaste oomblikke!!

2009 was vir ons baie goed, en ons Swanepoeltjies voel baie geseënd. Dit gaan baie goed met ons almal by die werk en by die huis, en ons word omring deur fantastiese vriende en familie. Ons bid dat dit vir altyd so sal bly!!!

Die jaar is nou amptelik op sy einde, en ons as gesin wens almal 'n wonderlike 2010 toe!!

Ons blog verhuis nou na http://nelspruit-swanepoels-2010.blogspot.com/,
en ons hoop om julle almal daar te sien!!!!!!

Oujaarsdag!!

Ons het regtig nie veel gedoen nie. Ons het met die honde gespeel, geswem, en gebraai. En ek het my Pa se skoene probeer volstaan.. Groot pote - hy, sjoe!!









Gholf swing..

Kliek hier om te kyk hoe mens dit doen!! Let veral op hoe ek my kop afhou, en hoe ek my gewig na my linker voet toe verplaas. Net soos Ernie!!

Ek oefen elke dag aan my swing..

As mens oefen, word jy beter.. En ek het besluit om baie aan my gholf te werk, want ek het regtig baie talent. Kyk my groot gholfstok, my perfect swing, en ek het selfs 'n goeie follow through. Kyk net - my Pa het my (vir nou) die overlap grip geleer - my hande is glo nog te klein vir die interlock. Ek vorder elke dag, en as ek so aanhou sal ek een van die dae beter speel as meeste van die dames by die klub...









Bloubul ontbyt in Potch!!

'n Lekker groot ontbyt in Potchefstroom!!. Kyk die tafeldoek - ek dink my Oupa Jan is so effe eensydig waar dit kom by sy rugby!! Ek glo daar is niks beter vir ontbyt as 'n groot stuk waatlemoen, 'n stukkie brood, en lemoensap.














Ek speel vir Oupa moeg!!

Ons speel buite, en JY, ja JY kan ook gerus gaan buite speel!! Dis goed vir jou!!


Ek en al my talente!!

Hier speel ek saam met Ouma Corrie die klavier (my Pa het dit ook glo gedoen toe hy klein was). En ek weet hoe om hard en sag te speel, en ek lig ook my hande op as Ouma haar hande oplig. En na 'n vol dag se speel en opwinding, het ek lekker diep geslaap.





En ek leer gholf speel!!

My eerste gholfstok is my Pa se eerste Drywer (wat Oupa vir hom gekoop het so in st. 7 by Rustenburg se gholfbaan), wat hy nou afgesny het en 'n grippie aangesit het. Ek weet hoe werk die ding, en ek het selfs 'n follow through...


Hand-oog koordinasie op sy beste!!

Eers sit jy die spyker in die gaatjie, en dan slaat jy hom met twee hande baie hard, nog steeds met die verkeerder (skerp) kant van die hamer!! Oupa was baie beindruk met my!!


Kersfees in Potch!!

Later Kersdag is ons Potch toe om by my Oupa Jan en Ouma Corrie te gaan kuier. Ek het sommer baie Kersgeskenke gekry, een van hulle hierdie pragtige rooi kruiwa!!







En dit het in potch ook gereën; dit op die 26'e Desember. Maar daar was genoeg om te doen binne die huis, en die res van ons kuiertjie was baie sonnig en warm!!

Kersdag speel en swem in die warm son!!

Ons het baie lekker buite gespeel terwyl almal geëet en gekuier het. Ek en my Pa het geswem; en ek en my Oupa Bez het op die swaai gespeel. Ek was mal daaroor!! En ek wou nie afklim nie. My Pa voel moreel verplig om ook nou vir my een aan te skaf.










Kersete by die van der Westhuizens!!

Almal het op Kersdag heerlik om die swembad gekuier - 4 geslagte, en almal is baie gesond en geseënd. Oupa(grootjie) het net gesit en gekyk na al hierdie kinders, kleinkinders, agterkleinkinders, skoonkinders, skoonagterkleinkinders, ens.




Ek het maar saam met Shaun buite gesit en bierdrink..









Kersdag - vroeg al uit..

Hier sit ek en eet ontbyt saam met DJ, en daarna het ons baie gespeel, en bietjie later het ek op die trampolien by Oupa Bez aan die slaap geraak. Dis lekker buite. In Virginia is daar heelwat minder muskiete as in Nelspruit.



Kersvader was ook daar!!

Snaaks - ek het nie baie van hom gehou nie, maar daar was van my nefies wat mal was oor hom. Ek vertrou hom nie, want iemand wat so baie rooi aan het, het geen sin vir styl nie. Hy het vir ons persente gegee, en toe weer geloop, want hy het nog baie plekke om te besoek daardie aand. En hy het ons almal se name geken. Hy lyk nie so oud as op die movies nie, en sy baard is fake; verseker fake!! (En daar was brandewyn op sy asem; maar gun 'n harde werker sy plesiertjies; so sê my Pa)..










Oukersaand kuier!!

En wat is Kersfees sonder 'n bietjie reën? Die kuier het binne toe beweeg, behalwe vir 'n paar manne wat onder die beskerming van die lapa gekuier het.. My Pa was bly, want hy wou nie weer swem nie..



En hier wys ek vir hulle hoe presies gebruik 'n mens 'n hamer; met die skerp kant vir maksimum skade...

Kersfees saam met die familie!!

Hier is my Ma se broers en hulle vrouens. Hierdie Kersfees is ons almal lekker saam! En hier is my nefies (Mamma se niggies se kinders), en ek kry die idee ek was die enigste onsosiale een van hulle almal ...



En NIEMAND, ek herhaal - NIEMAND - ry op my kar nie, behalwe ekke!!