Saturday, May 30, 2009

Vroegoggend gesiggie

Ek het in die oggende by Oupa en Ouma gaan inkruip - eintlik het my pa my soontoe gevat, sodat hy nog slaap kan inkry. En hier sit ek op my Oupagrootjie Wes se skoot, en ek is die vriendelikheid self... Hy's nou 75 en ek is amper 1.


Pragtig en rustig by die huis

Wanneer ek slaap dan neem my Ma my af met die kamera - as ek wakker is, beweeg ek gewoonlik net té vinnig. Kyk hoe mooi is my voet.




En kyk hoe mooi is my tande - al 4 van hulle. Ek en Mamma het hierdie week begin tande borsel. Op hierdie stadium suig ek net aan die tandeborsel, want hy proe soos tandepasta.

Oupa en Ouma kuier by my!!

My Oupa en Ouma van Virginia het vir my kom kuier op pad terug van die see af. Hulle het vir my 'n jollie-jumpa gekoop, en ek jumpa lekker jollie met hom - my Ma sê dit lyk of ek dans. Naka verstaan nie hoekom ek nou hoër as hy is nie - hy blaf vir my en hy grom, maar my Pa sê hy sal vir Naka oor die houtmuur skop as hy my byt.





Ek speel in die bad

Badtyd is speeltyd!! Hier is my Ma en my Oupa Chris besig om my te bad in 'n oorweldigende hoeveelheid skuim.




Check my mooi tanne




Comrades ete

Die Amerikaanse 1c munt was verteenwoordig deur 'n ma en dogter met 'n baie toepaslike "In God we trust" tema. Wallie Haywood was ook daar. Hier hou hy die lig vas vir Paul Kruger wat vir ons voorlees uit die staatskoerant van 13 September 1901.


Moeder Theresa het die aand afgerond met 'n sombere voorlesing uit Levitikus.

Ja, alles nogal snaaks (en vreemd vir my - toe slaap ek maar die res van die aand om)




Comrades ete

Ook by die party was Thomas Edison en Charles Lindbergh. Al die groot heros van tans en verlede.


Die storie van Rooikappie en die Wolf het ook sekere diep intriges en lewenslesse, so hulle kwalifiseer ook as helde op hul eie manier.






Die naweek voor die Comrades marathon

Ons hou elke jaar 'nlekker party vir die Comrades manne en vroue - hierdie jaar was dit net Altie en Marius Human wat gaan hardloop het, en ons almal was vreeslik trots op hulle (en so bietjie jaloers). Die tema was ABOVE AND BEYOND - my Ma was 'n engeltjie. Ek was 'n beertjie (ek weet nie lekker hoe ek by die tema inpas nie, maar toemaar ...)



Die humans was astronauts (rimtevaarders, né), en Pappa was Melvin the Superhero - lekker laf.





Saturday, May 16, 2009

Terug by die huis; ek verander nou van 'n babatjie na 'n klein seuntjie!!

Ek kruip deesdae (julle, dis lekker). Nog net agteruit, so ek bevind myself baie gou in gatjies, en onder goed, maar dis net 'n kwessie van tyd dan hardloop ek by die trappe op en af.


Ek en my Ma is beste tjommies.

Sy leer my hoe om met my loopraam orals heen te move. Pa moet my al met 'n tou vasmaak sodat ek nie by die stoep af voeter nie.





OK ... BYE !!

Nog wildtuin

Groot olifante, snaakse plante, wilde riviere met seekoeie, en 'n braaivleisvuurtjie die aand. Die wildtuin is 'n lekker plek.









Nog steeds in die wildtuin

So wat het ons alles gesien? Apies, vol riviere, apies, nog apies









Nog wildtuin

Hier is ons in Skukuza by die bekende twee-koedoe-in-hul-moer standbeeld. Jy was nog nooit in die wildtuin as jy nie hier 'n foto geneem het nie.



Hier kruip ek agter my pa se groot voorkop weg.

Nog in die wildtuin

Ons het by Skukuza gaan lekker eet, en ons het baie mooi dier gesien. Kort voor lank het my Mamma ook besluit wildkyk is te veel inspanning vir 'n lui lekker warm wintersoggend.





Nog wildtuin fotos

Ek sit en speel met die blaartjies en die grassies terwyl my Ma en Pa die bakkie regpak sodat ons lekker in die wildtuin kan rondry. Eintlik sort my pa net die cooler uit, tot bo toe vol met "goedjies" om te drink.

Hierdie is my plek waar ek sit. My ma sit by my; my arme Pa moet links en regs kyk, want my Ma kyk maar die hele tyd vir my, en ek vir haar.




Wildkyk is 'n baie uitputtende ding ... sjoe!!


My eerste keer in die Wildtuin

My eerste keer in die Wildtuin!! My Ma het my mooi geleer om te kyk vir diere, en hier sit ek en sy en ons kyk vir 'n trop buffels naby Berg-en-Dal.



Ek en my Pappa het lekker in die son gesit en kuier terwyl my ma gaan stort het na die Selati se gehardloop. Ons het baie om oor te gesels, en hy leer my van al die diere, spinnekoppe, goggas, grasse, bome met dorings, en nog goed wat nie nou kan onthou nie. Hy maak maar of hy baie weet, want (so sê hy - ek gaan vir die volgende 10 jaar alles glo)