Wednesday, October 29, 2008

Die rugby ding...


Afgelope naweek was die Curry Cup Finaal. Dis nou rugby. Dis nou ons nasionale sport. Dis nou die Bakkies Botha en Liefling storie, maar ek kan nie verstaan hoe almal dit so ernstig kan neem nie. Ek sal dit dalk eers later verstaan...


Maar toe trek my Ma (eintlik op my Pa se orders) hierdie Blou Bul klere aan. Dit was vir my een te veel. Hulle kon my net nie stil kry nie. Pappa het met groot kommer en met sweet op sy voorkop my probeer rustig maak, MAAR EK LIKE NIE HIERDIE BLOU KLERE NIE!!!


My Pa sê ek kan maar vir die Vrystaat skreeu eendag. Soos my Ma.
Ek wil vir eintlik vir Luke Watson skreeu.
Net 'n grappie. Luke is 'n skande. So sê almal, so ek stem maar saam.
BYE !!!
Jan-Hendrik

'n Stil week ...

Die laaste week of so het ons vreemde weer in Nelspruit gehad. Soms was dit koud, en dit het 'n paar keer gereën. Een aand was dit baie koud en my ma het vir my hierdie sweater aangetrek. Almal het gedink ek is baie cute. My pa sê as jy 'n groot kop het, kry jy maklik koud. Hy sal weet...


Kyk hoe mooi is die motte in ons dorp. Dit lyk of daai oë reguit vir jou kyk.

Ons het vir Oom Pieter-hulle gaan kuier. Hy is besig om iets vreesliks te verduidelik - hy en pappa het seker politiek of patologie gepraat - dis ewe ernstige onderwerpe.

My pa en ek het 'n moelike week agter die rug - as ek wil slaap is hy wakker, en as hy wil slaap (of werk) is ek wakker. Ons sal nog ons timing reg kry. Pa sê hierdie is die mooiste foto wat hy die hele week geneem het.
Soms werk my dummy, maar niks kom by die real thing nie. Pa sê hy was gister lus en maak die dummy aan my gesig vas met iets, want sodra ek lekker suig (en stil is), dan spoeg ek hom uit.
Ek kan seker maar kies waaarmee ek aan die slaap wil word.
OK .. BYE
Jan-Hendrik




Friday, October 24, 2008

Badtyd is elke oggend 8 uur, en in die middae 6 uur.


Ek hou van my bad elke oggend... Pappa sê hy is op mediese skool deur die pediaters geleer dat badtyd, eettyd en poeftyd ook speeltyd moet wees (anders raak kindertjies hardlywig of sommer net ongelukkig). Check my skilpad... Dankie vir die toys ouma Corrie.


My mamma was my met sepies wat baie lekker ruik. Dit maak nie saak hoe ongelukkig of honger ek is nie - as dit badtyd raak, word ek stil.



Kyk hoe groot het ek geword !!! Ek lê die hele bed vol.


Hier is my teddie beer. Hy slaap in my bed. Ek slaap in pappa se bed.
OK .. BYE!!!
Jan-Hendrik



Sunday, October 19, 2008

Ek ... die model !!


Toe ek omtrent 2 weke oud was, was ons by 'n fotograaf vir 'n paar mooi fotos. Hier is van hulle.






Ek stem saam - Mamma is baie mooi.

Amper 7 weke oud !!!


My ma sê sy is vreeslik trots op my. Ek groei goed, en ek drink baie mooi. Sy is ook trots daarop dat Pappa en Mamma my al so groot het sonder enige komplikasies of drama. Ek is after all die eerste baba wat hulle groot maak. Ek dink hulle doen 'n goeie job.

My eerste paar jeans!!!

Ek ontdek elke dag nuwe goed. Die nuutste is my eie spoeg. Probeer dit bietjie - 'n mens kan bubbles blaas !!!

Gisteraand was daar swaar weerlig buite. Ek was baie bang gewees, maar mamma het my veilig gehou.

Vanoggend is ek baie rustiger. Die storm is verby. Ons lê op die bed en gesels. Mamma en Pappa eet die left-over braaivleis van gisteraand, en Mamma het my ook lekker kossies gegee.

Ek dink die lewe is cool ...

OK ... BYE !!

Jan-Hendrik SWANEPOEL

Wednesday, October 15, 2008



Op hierdie stadium slaap ek nog elke aand tussen pappa en mamma. Dis lekker warm in hulle bed.

Wanneer ek wakker is, en vriendelik is, is hulle mal oor my. Maar as ek begin huil dan sê my ma die hele tyd "Aggenee".

Ek lyk vreeslik mooi in cute kleertjies. En kyk hoe groot het ek geword. Ek weeg al 5,3kg!!
Ontmoet my dokter. Oom (dokter) Pierre sê alles van my lyk OK. Hy het my 'n paar inspuitings gegee. Dit was baie seer, maar my mamma het my gou weer stil gekry. Mamma se dokter sê sy's ook gesond.


En vanoggend toe ons by pappa sit in die studeerkamer toe kom kuier daar weer 'n spinnekop. Hy was eers binnekant by ons. Toe jaag pappa hom uit.

OK .. BYE!!
Jan-Hendrik

Sunday, October 12, 2008

Hierdie week was ek siek ...


Ek het baie geslaap, maar wanneer ek wakker was, het ek vreeslik gehoes en genies. Elke keer as ek nies sê my mamma "Woepsa!!". Dis vreeslik snaaks, en dit laat my sommer beter voel.
Die eerste keer in my lewe medisyne gekry. Ek het gehoor medisyne is sleg, maar ek moet sê, hierdie Mucosopet stropie is BAIE lekker. Ongelukkig kan ek net 1ml drie keer 'n dag kry. My pa sê hy vat 10 keer meer. Dis seker hoekom hy so vet is. Hy was ook siek, maar hy het 'n ander hoesstroop gebruik - Captain Morgan, of so iets, sommer so uit die bottel uit!!

My ma is nog steeds BAIE lief vir my. Sy soen my party keer so baie dat ek bang is sy sluk my ore in.


Vandag voel ek heelwat beter, en my pa sê hy is amper gesond.



OK BYE !!!

Jan-Hendrik

Wednesday, October 8, 2008

My ma het gegil ...


Ek was nog lekker aan die slaap vanoggend vroeg, toe my ma iets op die slaapkamer mat sien beweeg het. REG LANGS ONS BED !!!
My pa het hom gevang, fotos gaan neem, en hom buite losgelaat. Hy's bang vir niks nie (sê hy).

Sunday, October 5, 2008

Ek en my pa het gaan fotos neem !!!






Giant Kingfisher op die gholfbaan, so-ook die Blackcollared Barbet, Bloukop koggelmander by die huis, en ons soek nog 'n naam vir die ander twee goggas (ook geneem in ons tuin).

Nuwe fotos !!!



My ma het vir my die eerste keer skoene aangetrek. Ek wou net hardloop, maar toe kon ek nie opkom nie. Toe huil ek maar. Dankie vir die skoene, Ouma.


Klaar gebad. My pa sê ek lyk soos iets uit 'n Star Wars movie. Dalk Joda toe hy baie jonk was...

Ek stem saam met my pa oor 'n paar goed. Hier's 'n voorbeeld - dit IS nogal 'n lekker plek om te lê...

Ek was vandag die eerste keer in my lewe op 'n gholfbaan gewees. Mamma en Pappa het gaan speel. Dit was koud in Nelspruit, toe trek mamma vir my 'n hoed aan.


Dis sommer 'n boring game. Ek het maar die hele tyd gelê en slaap. Ek dink nie pappa het dit baie geniet nie. hy het vreeslik gevloek ...

OK. BYE !!!

Jan-Hendrik