Tuesday, December 22, 2009

Die stoep kry hout!!

My Pa skaaf die ou hout af wat hy herwin het van die vorige houtheining om die huis, dan sny hy dit die regte groottes, en dan boor hy verskriklik baie gaatjies in die staal en skroef die hout daar vas. Ek het hom die hele tyd gehelp, en ek het selfs een dag al die hout vir hom aangedra (maar sy #$%#!! kamera se battery was pap!!). Die stoep raak nou al hoe skoner (die honde sukkel om in te kom), en die swembad word veiliger (want ek sukkel om uit te kom). En hy verf dit met houtolie, dan lyk dit sommer nuut!!