Wednesday, September 30, 2009

Gholf op Zimbali

Zimbali is 'n pragtige (en baie moeilike) baan. Ons het maar lekker gesukkel, maar dit tog vreeslik geniet.




Marinda was soms so effe in die moeilikheid, maar ek was OK. Kyk net na my perfect follow-through. Wat jy nie in die laaste foto kan sien nie, is dat ek my bal maklik 30 meters links van die fairway getrek het. Nooit weer die bal gesien nie. Dieselfde geld vir Marinda se bal ...




Trek in op Zimbali ...

Pa het met 'n gholfkompetisie 'n paar maande gelede 'n week se verblyf op Zimbali gewen, en ons het die Maandagoggend daar ingetrek. Baie smart ... Pa sê dis dalk so bietjie té smart vir hom, maar ons se nie "nee dankie" nie. Dit was eintlik baie lekker. Om elke oggend met so 'n uitsig wakker te word is iets om aan gewoond te raak!









Terug op die strand !!

So lyk die spoor van 'n kruipdier in die sand - lyk soos 'n treinspoor - daai kniegies kruip orals, sien alles, voel alles, proe alles, beleef alles en nog meer. En Mamma neem alles af om eendag vir my terug te speel.




Maar al die aktiviteite maak 'n man moeg; baie moeg, en dan raak ek sommer aan die slaap op mamma se skouer.

Gedurende die dag ...

Die volgende oggend baie vroeg is Pappa oppad na die patologie kongres in Durban. Ek en hy het eers 'n mooi foto geneem met die uitsig oor die see; daarna het hy 'n sterk koppie koffie afgewurg, iets opgevreet, gesug, en my net daar gelos.





Gelukkig was Ouma daar!!! (om ons trane af te vee)

Die nag na die groot strand en son ...

Aan die einde van so 'n eerste besige sonnige dag, het dit buite gereën, en ek het binne geslaap dat dit klap!


Lekker op die strand!!!

Ek het die hele strand verken, selfs later sonder my klere. Julle moet sien hoeveel water hierdie doeke kan absorbeer. Dis vreeslik. Die ding raak so groot soos 'n ander ekke, en amper net so swaar... Ek het ook so bietjie die sand getoets, maar dit smaak na niks...





Ek en my Mamma het (onder die opdrag van my Pa, en onder die toesig van my Oupa) geswem in die vlak watertjies. Oupa raak nou te oud vir deep sea rescue...

Met vakansie by die see!!!

Net na my verjaardag was ons vir twee weke by die see. Oupa en Ouma van Potch was aam met ons daar vir 'n paar dae. Ons was baie op die strand, en Oupa moes my oppas.





Ek het sommer baie maklik maatjies gemaak. Hier sit ek by 'n vreemde maatjie en sy pa en speel met hulle goed.

Wednesday, September 16, 2009

Geskenke oopmaak!!!

Dit is die volgende oggend, en ek en my Ma is besig om al my geskenke oop te maak. My Pa sê ek het nou hopeloos te veel speelgoed; genoeg om te hou vir baie jare (sommer vir al my boeties ook). My Ma het die geskenk-oopmaak baie meer geniet as ek. My Pa het net gesit en fotos neem. Af en toe 'n traan op sy wang afgevee of probeer wegsteek.









Hier is die geskenk wat ek by Oupa Chris en Ouma Riana in Virginia gekry het - 'n geel grassnyertjie waarmee ek die hele wêreld vol loop. Maar alleen loop wil ek nie. Ek kruip nou teen 'n wêreld-rekord pas. My Pa sê hy dink nie ek gaan ooit loop nie. Ek gaan sommer net een dag begin hardloop, en dit by die trappe op en af...

Ander gaste by die partytjie

Ouma Corrie en Oupa Jan het sommer besluit om vir die partytjie van Potch af deur te ry, en ek is seker hulle het dit ook baie geniet. Baie van my Ma-hulle se vriende was ook daar.




Ek het tot aan die einde aan die tafel bly sit, en ek het al my kos en die kos van die maatjies rondom my ook op geëet.




Nog maatjies

Hier is Ruan, Olivia, Zoë, en Dylan.



En dis hoe die tafel gelyk het toe al die maatjies net aangesit het vir eet... Die cute'ste ding ooit!!!





Al my maatjies by die verjaardag partytjie

Ek ken sooo baie maatjies; my Pa sê hy kan onmoontlik almal wat by my partytjie was op hierdie blig sit. Hier is 'n paar van hulle. My Pa ken ook nie al die name nie - hy herken darem vir Theunsie en Nico, en klein Zune. My Ma sal later al die naampies op die blog sit (en die spelling van hulle name regmaak)









Die verjaardag tafel ...

Ons het die partytjie op die stoep by die huis gehou (by die veilige swembad met die net). Alles was perfek en nogal ordelik op die tafel gedek - elke maatjie het sy eie eetgoed, geskenkies en sappie gehad, maar die realiteit van die situasie was dat hulle tog alles gedeel het. As jy klaar is met 'n koekie dan gooi jy hom op die grond. Die volgende maatjies sal hom dan optel en verder eet. Wonderlik om 'n kind te wees!!


Pappa het gesorg dat daar genoeg drank was vir al die Pappas en die ander gaste.
En dan daai koek!!! Die mooiste koek wat ons nog ooit by 'n kinderpartytjie gesien het!!!






Die groot dag het aangebreek - EK IS EEN!!!

Ek (Jan-Hendrik) word een oggend (1 SEPTEMBER 2009) wakker van 'n gesing - my Pa en Ma is besig om vir my "Veels geluk liewe ..." te sing. Ja - ek is nou 1 jaar oud; amptelik 'n kleuter; nie meer 'n baba nie!!! En ek is seker van 1 ding - hulle is BAIE LIEF VIR MY!!!





Kyk hoe mooi is my Mamma !!!!

My ouers beplan vir my eerste verjaardagpartytie ...

Ek weet, ek weet - die blog is al weer omtrent twee weke agter. Ons huis was die ene rep-en-roep, en grootskaalse beplanning vir Boeta se 1'e verjaardagpartytjie. Die tema was Finding Nemo (kyk - sy Marathonklub naampie is mos Nemo... danksy Marius Human). Daar was (en steeds is) Nemo goed reg oor die huis, en ons weet nou alles van daai klein vissie af.





Jan-Hendrik het ook seker iets vermoed, want hy was baie opgewonde as hy die partytjie goeters gesien het. Sy Ma was 'n absolute ster. Ek het nie veel gedoen nie behalwe om swaar goed rond te dra (soos 'n regte Pa).

Uiteindelik - 'n net op die swembad!!!

Ons het nou 'n mooi BLOU net op die swembad om vir Jan-Hendrik veilig te hou. Hy het dit onmiddelik uitprobeer - hy het nie gesink nie, maar hy en die honde het 'n nuwe speelplek ontdek. Na'n uur se speel in die water saam met Rassie moes ons hom gaan bad, en hy was vreeslik ongelukkig hieroor. Hy is MAL oor water.