Monday, February 23, 2009

Terug in Nelspruit !!

Terug by die huis - ons het Saterdag die hele dag gery deur die Noord Natal en Mpumalanga. En die hele Sondag gelê en niks doen, swem, TV kyk. Pa sê hy is nou lekker uitgerus, en sien weer uit om werk toe te gaan.



Check my Speedo ...
Check my sexy Ma ...
Check my twee honde - Naka en Rassie ... Hulle het my baie gemis.





OK .. BYE !!
Jan-Hendrik

Pa kom uiteindelik op die gholfbaan uit ..

Oudergewoonte 'n lekker rondte gholf op Southbroom (tussen die Engelse en Duitsers). Die baan was baie mooi, en die weer fantasties - bewolk, windstil. Maar Pa het baie sleg gespeel. Het selfs op 'n stadium terug verlang strand toe. Mamma het beter gespeel, en het Pa ore aangesit. Oom DJ en Tannie elmien het na my gekyk. Ek was saam met hulle op die strand.



Ja-Nee, kyk, sy het die moves ... amper soos Tiger.





Snoekbraai saam met Oom DJ en Tannie Elmien

Ons het met snoek ge-eksperimenteer, en dit was 'n groot suskses. Hy was goed dood (lank gebraai in knoffelbotter en appelkooskonfyt), en baie lekker. Almal het twee keer geskep, en my Pa so vier keer.





Elke vakansie het 'n reëndag ...

Hierdie dag het baie mooi begin - Pappa het hierdie fotos geneem omtrent 05:15, want ek het hom daardie tyd van die oggend wakker gehad.






En toe begin dit te reën - Pa het sy boek klaar gelees, en ek het maar gesit en musiek maak. Ek verstaan hierdie dromslaan-ding baie goed. Mamma slaan, dan slaan ek, en dan sit ek die dromstokkie in my mond in. Hy proe ook na niks nie. Dit proe in elk geval baie beter as daai Purity gemors...


Lekker by die see !!

My Pa sê ek word te vinnig groot. Ek lag deesdae vreeslik baie, en word klokslag 04:45 wakker elke oggend. dan mag niemand meer slaap nie. Ek like dit nog steeds baie om te bad - my Pa gooi die water op my kop en dan lag ek en val agteroor. Stamp soms my kop, maar ek huil nie sommer nie.







Kyk hoe groot het ek geword. Ek lê my hele Ma vol. My Pa sê ek het baie mooi voete.

Sunday, February 22, 2009

Behalwe vir die Purity, gaan dit eintlik lekker op ons vakansie ..

Op die vakansie is ons baie in die son, ek slaap baie, Pappa lees 'n boek, en hulle kyk baie vir die see (asof hy gaan verdamp).

Kyk - dis my Pa. Ons is best buddies.


En kyk !! Ek begin my eie bottel vashou. Ek probeer eerder my Ma impress sodat sy my eerder melk moet gee en daai Purity goed van my weghou...





En ek speel met my bal.

My Ma vra my of ek lus is vir Purity..
Wat 'n vraag !! Nee !! Dis nie lekker nie, maar bring dit maar - ek sal my bes probeer.
Gee my eerder 'n bier.

Ek eet my eerste Purity - en die wêreld kry 'n ander geur ...

Ek het nog net gehoor van hierdie Purity ding. Blykbaar gaan ek dit vir die volgende paar maande net dit eet. Ek kan nie wag om dit te proe nie - Gee hier !! Gee hier !! Dit lyk so lekker. Kyk die prentjie !!



O .. MY .. MOER ... DIS SLEG !! Dit proe weird .. Dis so ... suur .. en ... sleg .. en .. gagga ..

Nee dankie .. eet dit maar self .. ek sal pass .. gee my eerder borsmelk .. of pap .. of selfs sand, maar die goed is SLEG !!
(Bliksem.. en hulle verwag van my om dit te eet .. dalk is dit die einde van die fairy tale .. dalk is die lewe soos hierdie Purity shit ... so effe suur ...)
Pappa en Mamma is so half in 'n flat spin, want wat gaan ons nou doen. Ons het vandag ander geure gaan koop. Kom ons hoop dit werk..


NOG strand fotos !!

Ek was glad nie bang vir die golwe nie. Ek is mos gewoond aan water.







Die sand is egter iets waaraan ek sal moet gewoond raak. Wat is dit? Dit sluk my voete in, en dan is dit weer weg... En ek kry nie seer nie. Ek voel dit nie eers nie.
Kyk - Mamma se voet is ook ingesluk deur hierdie sand goed, en sy is mal daaroor. Pa se voete is te groot.

My eerste keer in die see !!!

Maandagoggend, 16 Feb 2008 - my eerste keer op die strand. Ons het goeie geselskap - Oom DJ en tannie Elmien is ook in Margate vir 'n week. Ons het baie lekker gekuier. Hulle het vir my hierdie mooi strand-sand trokkie gekoop.
Vreemd - hy smaak na niks nie.




Ons gan swem !! Ons gaan swem !!

Pa en Ma is ongelooflik trots en dankbaar. Hier is ons seun - sterk, gesond, vriendelik, en HY IS NIE BANG VIR WATER NIE !!




Ons woonstel in Margate ...

Ons het 'n BAIE lekker woonstel hier in Margate gehad, en die weer was fantasties. Die Margate strand is beautiful, maar net langsaan het die Uvongo strand so bietjie meer as 'n jaar gelede heeltemal weggespoel weens vloedgolwe.


Die foto lyk baie mooier met my Mamma in.
My Pa sê hy's vreeslik lief vir haar.




Hier is ons stoepie en 'n gasbraaier. My Pa sê die braaier het hom baie impress, want die kole is onmiddelik ready.
Hier sit ek en kyk hoe hulle uitpak.




Oppad na my eerste vakansie by die SEE !!!!

Dis Sondag, 15 Februarie, en ons is oppad na die Natal se Suidkus. Ek sit vir kort rukkies op die sitplek langs Mamma (dan ry Pappa 60km/hr op die highway), en ek is die ene plesier. My Mamma vertel my die see is 'n baie lekker plek, en jy kan swem, swem, en in die son lê, en swem... My Pa sê daars moer baie sand, en sand gaan orals in. Ek kan nie wag nie. My Pa het sy gholfstokke gewas, gesoen, en ingepak.

My Mamma het my ook laat kennis maak met roomys !! Dis lekker en koud. Eers het ek ge-moan want die koud is vreemd op my lippe, toe kom ek agter die koud smaak lekker, en toe begin ek huil toe ek sien my Ma eet my (haar) roomys op.






Ons kuier by Oom Andrew en Tannie Tanya !!

Ons het een aand by Oom Andrew en Tannie Tanya gaan slaap. Oupa en Ouma van Potch het vir my kom kuier. En almal was vreeslik bly om my weer te sien. Iets van 'kyk hoe groot het hy geword'. Ek stem saam, my Pa word groter by die dag...

Hier sit ek op Oupa se skoot. En ek is so cute so cute so cute. Ek sit maar versigtig want Oupa het 'n operasie gehad. Hy het sy naeltjie gebreek. Seker baie hard geval. Hy loop so bietjie moeilik - vooroor - soos 'n ou wat 'n probleem het ...

Hulle voer my droëwors stokkies waaraan ek dan suig en dan wil niemand daaraan vat nie.

En hier geniet ek Ouma Corrie se geselsskap, en skater van die lag. Voor dit het het ek vreeslik gehuil, want Pappa kon nie vinnig genoeg my pap vir my voer nie. Ek is nogal erg oor my pap.





Ek is die pragtigste kind in die wêreld, en ek is die hele dag gelukkig (of aan die slaap).



Mamma woon 'n kursus by in Johannesburg

My Ma het 'n sportgeneeskunde kursus in Johannesburg bygewoon. Ek en Pa het bedags rondgery en ons het ook by Wits vir Oom Andrew gaan kuier. Almal het gedink my Pa en Oom Andrew is 'n gay couple..

Ons het die geleentheid gehad om vir Meneer William Webb Ellis (dis nou die Wêreldbeker, né) te gaan kuier. My Pa sê hy dink ek gaan so oor 25 jaar die beker weer kan vashou. Ek moet net speel soos hy my leer, so sê hy.




Die hotelkamer was baie lekker - Town Lodge in Sandton Grayston Drive. Ons (ek en Pa) het elke oggend lekker laat geslaap, gestort, en dan McDonalds brekkie gehad (ek eintlik net 'n bottel; hy 'n ekstra "sausage McMuffin" saam met sy "sausage McMuffin Meal" - 'n volslae vraat!).