Monday, December 1, 2008

Pappa maak die deur reg met sy tools ...


Hierdie naweek het Pappa (eintlik Mamma) besluit dat die ou voordeur 'n groot glas paneel moet kry. Pappa het (letterlik) AL sy tools uit die garage uit gehaal en begin werk (met 'n sterk dop in sy kampkoppie).

Dis hoe dit lyk waar my pa werk. Hy is net bly hy het nie seer gekry nie.


Kyk hoe mooi lyk die deur nou. Kort nog net varnish. Daar is nog 'n ou blik in die garage.


Naka en Rassie het maar net gestaan en toekyk. Hulle kan tog nie help nie...









Ons stoep begin nou baie mooi lyk. My pa se hy moet nou nog net 'n kroeg bou op die stoepie by die "nuwe" ou deur met die venstertjie.



Ek het die hele spulletjie so bietjie vervelig ervaar. Slaap klink baie beter. Veral op so 'n warm dag.