Thursday, December 25, 2008

Ek kry al weer 'n inspuiting ...

Dit was 'n slegte dag - so 'n week gelede. Ek het my inspuitings gehad. Dit was seer maar ek het nie gehuil nie. Net een skreeu toe was ek stil.
Toe gaan swem ek en Mamma, en ek breek toe per ongeluk haar hangertjie. My Pappa sê hy het dit ook gedoen toe hy klein was. Dis niemand se skuld nie. Ongelukkige is deel van die lewe.


My Mamma sê ek is die cute'ste ding in die wêreld. My Pappa is vreeslik trots op my en op Mamma. Hy sê sy lewe maak nou baie meer sin.