Sunday, December 14, 2008

Ons kuier in Bethlehem - die een in die Vrystaat.


Ons het in Bethlehem by Oom DJ (Mamma se boetie) en sy vroutjie Elmien gaan kuier. Soos julle kan sien - ek was die star attraction, en ek het my baie soet gedra en lekker met hulle gesels.


Ons het ook gaan kyk hoe lyk dit by hulle spreekkamers (hulle is beide tandartse), en toe kry Mamma die lus om 'n pasient te word. Pappa het amper flou geword ...