Sunday, December 14, 2008

Nog steeds in Potch - Pappa het baie fotos geneem...


So lyk my Oupa se braai plek. Links agter is die bok wat Oom Andrew (dood) geskiet het. Hier het my Pa-hulle al vreeslik lekker gekuier en baie vleis gebraai. Ons eet altyd baie lekker en gewoonlik hopeloos te veel in Potch.

Hier is 'n deel van die nuwe aanbouing, en die mooi kamer waarin ons gebly het. Ouma wil dit 'n B&B maak. Dis baie smart, veral die plat TV teen die muur. Ek en my Pa het die Sun City gholf hier gelê en kyk (soos twee vrot velle)...





My Ouma se tuin is pragtig, en sy het die mooiste blomme!!



Op hierdie stuk grasperk het my Pa-hulle gespeel toe hulle klein was. Krieket gespeel en die bal geskop...