Thursday, December 25, 2008

Ek, Pappa en Mamma kyk die krieket - die eerste toets teen die Ausies in Perth. Dis baie spannend - Suid-Afrika kort 414 in die tweede beurt om te wen. Dis BAIE spannend. Pappa kou sy naels af...

Hier fluister ek in Wagter (my Leeu) se oor: "Ek dink ons gaan wen..."

Oom AB de Villiers slaan toe 'n helse klomp lopies, en ons wen met 6 paaltjies. Vat so, Mate ...



Kyk Mamma - Ricky Ponting huil ... Ha-ha-ha !!!
Pappa het 'n traan in sy oog. Maar hy's bly. Ons het gewen!!!