Sunday, December 14, 2008

My Mamma die atleet ...

My Ma het die triathlon in Potch gaan doen - sy was vreeslik bang dat sy gaan laaste kom. My Pa was eerder bang sy versuip. Sy het 600m geswem, toe 20km met die fiets gery, toe 5km met die poot gehardloop, en toe die res van die dag geslaap.






Daar gaan hulle. Ouma kyk na my. Pappa neem fotos.


Ek kan ook swem, maar nie baie ver nie...