Sunday, December 14, 2008

Nog in Potch

In Potch het ons lekker in die swembad gespeel. Nie rof nie (onthou my Pa se operasie - toegeplak met plastic plysters). Dit was lekker warm, en my Ma het vir my sunscreen aangesmeer.



Ouma het 'n baie mooi tuin, en veral die rose is pragtig.

Sy het elke oggend vir my die blomme en die voëltjies gaan wys. Wanneer my Pa en Ma slaap - so 5 uur. Ouma staan vroeg op, en Oupa heelwat later...





My Oupa hou baie van die Blou Bulle, en hy hou niks van die WP en Engeland nie.



Hier is my speelparkie in Ouma Corrie se tuin. Hierdie keer het ek net in die swaai gespeel.