Thursday, December 25, 2008

EK BEGIN EET !!!

Hierdie week het ek die eerste keer begin eet. Nestum nr 1.
Ek het dit sommer van die begin af goed verstaan (want ek het al baie gekyk hoe Pappa dit doen).

Dit was 'n saak van gee en neem (recycling soos my dokter dit noem) - Mamma gee vir my 'n happie, dan gee ek dit terug, dan gee sy daai selfde happie weer vir my, en so gaan ons aan totdat meeste van die kossies in my magie is.
Ek kon nie wag vir die volgende happie nie, maar ek kry net kossies een keer per dag - die ander maaltye is borsmelk !