Monday, April 13, 2009

Ons gaan hardloop die Long Tom pas (af...)

Een oggend (so twee weke terug - my Pa se voete is nou nog seer, sê hy), is ons baie vroeg Lydenburg toe vir die Long Tom half maraton. Oom Andrew het saam gehardloop. Oupa-hulle was ook daar om my op te pas, en te help wanneer Pappa sy hartaanval kry.