Monday, November 17, 2008

Vreeslik lekker by ons huis !!!


Hier sit Mamma by my twee honde - Naka (die dominante bruin ene), en Rassie (die stout nuuskurige swart ene). Hulle is boeties, maar verskil dag en nag. Rassie blaf vir alles, maar Naka is die waghond, want hy byt...
Rassie speel met die bal, en Naka vat die bal by Rassie, dan byt hy hom...


Mamma sê ek is soms vol streke. Maar eintlik geniet ek net elke oomblik wat ek wakker is...







My Mamma is mal oor haar Hibiscus plante. Sy het een van elke kleur. Hulle groei langs die swembad en floreer in chloorwater. Hierdie blom is groter as ek. Geen kamera tricks nie - Pappa ken nie kamera tricks nie.