Sunday, November 2, 2008

Vinnige kuier in Potch by Oupa Jan en Ouma Corrie


Oppad na Ouma Mara se begrafnis het ons gou in Potch gekuier vir 'n aand. Soos gewoonlik het Ouma ons bederf met BAIE lekker kos.


Oupa en Ouma was baie bly om my weer te sien.



En ek was net so bly om hulle weer te sien. Hulle het niks verander nie. Ek's blykbaar baie groter...

Ek het maklik by Ouma aan die slaap geword (dit was darem ook verby my slaaptyd..)
Dankie vir die mooi toy hond Ouma Corrie.