Saturday, July 4, 2009

Oupa Jan kry 'n groot prys!!!

Saterdagoggend, 27 Junie, vrek-koud, maar ons is almal daar in groot afwagting - Oupa (en nog ander slim omies en tannies) kry pryse!! Die SA Akademie se eeufees prystoekennings. My Oupa het die prys gewen omdat hy die ongelooflike vermoë het om 'n moelike sommetjie 'n maklike oplossing te gee... (en dan nog so bietjie te glimlag omdat die antwoord nie altyd is wat die res van die wêreld dit sou verwag het nie). Hier struggle Sandra Prinsloo met die uitspreek van Oupa se metodes. En Oupa gee 'n baie mooi toespraak, en ons is BAIE TROTS op hom!!!



Die ander pryswenners - Prof Stulting kan mense laat sien, Nico Carstens het mense laat dans vir dekades, Al Debo en Fanus Rautenbach het mense laat skaterlag vir eeue; David Kramer en sy Blokkies Joubert-liedjies, vra om verskoning dat hy lelike goed van Bloemfontein gesing het; Anton Goosen lyk suspect, maar wie sal vergeet van sy Waterblommetjies en die Geelperkereën; en Coenie de Villiers, ai, niks is meer Vrystaats nie...