Saturday, July 4, 2009

Aan die ontbyt tafel in Bloem

Hier is ek, my sexy ma, en my twee niggies - Annies en Nelia. Ons het vreeslik lekker gekuier en daar was so baie om vir mekaar te vertel sedert ons mekaar laas gesien het - toe was ek net twee weke oud!!




Kyk, kom ons lieg nou nie vir mekaar nie - dit was 'n besige naweek, want ek en almal praat gelyk, saam met die TV en die grootmense. Annies lees boeke, Nelia teken prentjie, en ek kruip die hele gaste huis rond. Blou kolle op die kniee; handjies bruin van die stof - daar's nogal baie stof in die Vrystaat. Die visdammetjie vries in die nag bo-op. Die visse kom dit nie agter nie.