Saturday, July 4, 2009

'n Vinnige kuiertjie by Oupa en Ouma in Virginia

Hier is ek by Oupa. Hy het vir my biltong gegee. Hy sê dis goed vir my (4) tande.



Conraad en Verushka was ook daar, en hulle het met my en die honde gespeel. Hulle is baie warm aangetrek, want in Virginia was dit leeu-koud!! So sê my Pa; my Ma stem saam.