Saturday, May 16, 2009

My eerste keer in die Wildtuin

My eerste keer in die Wildtuin!! My Ma het my mooi geleer om te kyk vir diere, en hier sit ek en sy en ons kyk vir 'n trop buffels naby Berg-en-Dal.



Ek en my Pappa het lekker in die son gesit en kuier terwyl my ma gaan stort het na die Selati se gehardloop. Ons het baie om oor te gesels, en hy leer my van al die diere, spinnekoppe, goggas, grasse, bome met dorings, en nog goed wat nie nou kan onthou nie. Hy maak maar of hy baie weet, want (so sê hy - ek gaan vir die volgende 10 jaar alles glo)