Thursday, May 7, 2009

AND THEN DISASTER STRUCK ...

Vandag was my Mamma in 'n groot motor ongeluk met ons nuwe kar. Sy hele linker kant is omtrent weggery. My Pa het nie fotos geneem nie. Hy sê dit maak net té seer om 'n nuwe kar so te sien. Maar die ouens by die paneelkloppers sê aggenee wat - hulle maak dit alles vinnig reg; ons sal nie eers weet daar was ooit 'n stamp nie. Ek moet sê, die ander kar lyk slegter, en hy lek iets onder uit. Ons kar is nog droog onder.

Alle grappies op 'n stokkie - net om te sê die Here is groot en hy sorg vir sy kinders. Hierdie middag het Jan-Hendrik lekker aan die slaap geraak in Pappa se kantoor, en het hy nie soos elke middag hierdie tyd saam met sy ma dorp toe gery of huis toe gegaan nie. Die impak van die ongeluk was aan die kant waar sy stoeltjie is, en ek is seker hy sou baie seer gekry het. Maar hy was veilig aan die slaap op 'n warm bedjie op die vloer van sy pa se kantoor, in 'n lab waar almal vriendelik en besorgd is. Loof die Here niemand het seer gekry nie !! En loof die Here sy Ma is ook OK. So bietjie sad en nek styf, maar OK. Sy sal ook oor dit kom, want dis maar net 'n kar.

OK .. BYE!!! Jan-Hendrik