Thursday, May 14, 2009

Mamma hardloop die Selati in Malelane

Mamma het die afgelope Saterdagoggend die Selati 21km by Malelane gehardloop. Sy het vir my bye gesê, en toe het Pappa my opgepas. Ons het gaan shop, want ons is toe daarna Wildtuin toe.



Daar het baie mense gehardloop (baie swartes ook). Hier is Mamma en Tannie Mary - dis nou Oom Jacques van tannie Daleen se sussie, julle weet mos ... Mamma het baie vinnig gehardloop (saam met die Comrades mense nogal, so asof sy gereeld oefen); Pappa het maar net geglimlag.