Vir al die oumas en oupas, ooms en tannies, maatjies, en sommer ook die res van die wêreld - om dag tot dag te sien hoe pragtig ons kind is.
Thursday, October 1, 2009
Tannie Elmien en Oom DJ kom vir ons kuier by die see!!
DJ en Elmien het vir 'n naweek lank by ons by die see kom kuier. Hulle het vir Jan-Hendrik 'n pragtige giraffe-koek, en 'n ponie saamgebring vir sy 1'e verjaardag, en ons het sommer van voor af begin verjaardag hou.