Wednesday, October 7, 2009

RAAI WIE LOOP !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Ek het so 'n tree of twee begin gee toe ons by my Oupa en Ouma was in Virginia, maar afgelope Dinsdagaand het ek soos die ouens in die Bybel net skielik opgestaan en geloop, en nog nie weer gaan sit of kruip nie. Loop is lekker, en ek loop nou die hele huis vol. Ek loop sonder om te stop van die TV af tot in die kombuis en dan gaan staan ek regop voor die stoof en kyk na my self, en voel tevrede met myself. Dit is nog so bietjie waggel-waggel, maar dis loop, en ek doen dit goed. As ek moet vinnig loop dan het ek 'n triek - ek tel net my hande op, en haal vinniger en hardop asem. Dit werk. OK - daar is so paar ekstra blou kolle op my kop en op ander plekke (ek het al my gat afgeval een of twee keer), en as ek slaap, slaap ek deesdae myself stukkend. Loop is moeilike werk!!!!