Vir al die oumas en oupas, ooms en tannies, maatjies, en sommer ook die res van die wêreld - om dag tot dag te sien hoe pragtig ons kind is.
Thursday, October 1, 2009
By die swembad op 'n sonnige dag ...
Na die rugby het ons by Zimbali se swembad gaan lê vir die hele dag. Die plek is PRAGTIG!! Die see is blou en die strande is silwerskoon. Jan-Hendrik was mal oor die sand en die see. Ons moes almal maar help om hom besig te hou.