Tuesday, June 9, 2009

Jy word 9 maande oud !!

En hier lê ons op die bed en sing vir jou op jou nege maande verjaardag!! Nie meer regtig 'n baba nie, maar eerder 'n klein seuntjie!! Met 'n attitude, 'n opinie, en 'n wonderlike unieke persoonlikheid (en mooi tande soos jou Ma, dankie tog...)



Maar ek dink jy't jou Pa se kop, en jou oupa Jan se oë; besige hande soos jou Ouma Corrie; Mamma sê jy beweeg jy wenkbroue soos jou Oupa Chris; soms vol stront soos jou Ouma Riana; skewe tone soos jou Oom Andrew; en 'n V-haarlyn soos Oom DJ ...