Tuesday, June 9, 2009

En nou slaap ek in my eie kamer ...

Nogal hartseer, maar Jan-Hendrik is nou in sy eie kamer in die nagte. Hy is mal oor sy kamer, want daar is so baie kleure en speelgoed. En al sy maatjies.






Ons is baie trots op ons kind dat hy al so groot is, maar met dieslefde asem is ons hartseer dat die tyd so vinnig verby gaan. Dit is eintlik skokkend as jy dink dat 9 maande reeds verby is ...
Ek en Jan-Hendrik het 'n liedjie wat ons sing (wel, eintlik sing ek, en hy lag net). Dis op die wysie van "The wheels of the bus go round and round", so sing saam! Die liedjie gaan oor die diertjie skilderytjies teen sy mure:
Hallo vir die groot bruin leeu, hallo vir die pers skilpad, hallo vir die mal bobbejaan, en hallo vir die baba renoster; hallo vir die blou seekoei, hallo vir die geelkolslang, hallo vir die pers muskiet, en hallo vir die moeg jag-lui-perd ... hallo vir die rooi vissie (Nemo), hallo vir die grys olifant, en hallo vir die gay kwagga, en dit is al ons maatjies !!
En dan gaan stamp ons kop met die vlieënde seekat en die vlieënde vis ...