En onthou jy die fotos wat ons in die studio gaan neem het, en hoe lekker jy geskop het, en onthou jy hoe jy self nie kon wag om uit te kom en ons lewens kom verander nie ...
En ons weet dinge sal nooit weer dieselfde wees nie, want jy het ons kom voltooi, en om te dink nou is jy al 9 maande oud, en ons kan nie aan 'n lewe dink sonder jou nie, ons pragtige seun.