Wednesday, September 10, 2008

Vandag maak ek die fototjies bietjie kleiner. Kliek net op die foto vir die groter weergawe.

Een ding van hierdie kind - hy laaik van slaap. Ons weet dis verkeerd (volgens meeste van die boeke), maar baba slaap tussen ons op die dubbelbed. Dis heerlik.







Hy is perfek geskape. Alles van hom werk mooi. Sy handjies en voetjies is volmaak; sy stemmetjie is dalk so bietjie oor-ontwikkeld - dit klink of hy 'n fluitjie ingesluk het; sy magie werk ook verbasend goed (doeke omruil is speeltyd vir almal).




Hy is 'n groot en sterk baba. Kyk sy bree skouers (soos pappa).









Soos julle kan sien - Pa se
seun!!
Hy lyk vreeslik baie soos pappa, maar het sy ma se voete.









Soos julle kan sien - Ma se kind!! (Hy het mamma se tone, en vir een of ander rede is hy baie meer aangetrokke tot mamma se borskas as pappa sn. Met sy groot voorkoppie en die haartjies wat effens meer agter groei lyk hy soos 'n proffie (soos sy oupa...)

Ons hou vreeslik daarvan om hom cute kleertjies aan te trek. Die enigste ding is net dat Nelspruit die afgelope paar dae vrek warm was - ten minste 35 grade - so ons almal dra maar die minimum. Hy dra 'n doek meeste van die tyd.

Liefies vir almal. Groete. Jan-Hendrik